[Foto’s] 4-jarige gereed vir veldry met Land Rover-bed

Die Land Rover-bed (Foto: Artisan Joinery)

ʼn Vierjarige seuntjie van Pretoria se grootste droom het waar geword toe hy onlangs ʼn Land Rover-bed met regte motoronderdele soos bande en hoofligte gekry het.

Die bed wat gebou is deur die meubelmaatskappy Artisan Joinery in die Wes-Kaap, is boonop ʼn replika van die Land Rover Defender wat in die 2015 James Bond-fliek, Spectre, gebruik is.

Terry Ryan, eienaar van Artisan Joinery, het in ʼn verklaring gesê die vierjarige was nog altyd ʼn Land Rover-aanhanger. Volgens hom het die kind se ouers besluit op dié Defender 90-weergawe ná ʼn marathon-sessie van James Bond-flieks.

Die motor se legendariese veldryvermoë het ook behoue gebly in die maak van die bed. Die veldrybande, hoof- en flikkerligte maak dit moontlik vir dié vierjarige om sonder huiwering die wildste grondpaaie van sy drome aan te durf.

Dit het ses weke geneem om die bed te voltooi.

Artisan Joinery is reeds in die proses om soortgelyk beddens te bou vir kopers in Brittanje en Dubai. Kwotasies is op aanvraag beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Scalla ·

Pragtig, hoop nie dit drup olie op die vloer nie, dit is landdrover se kwaal.

Giel ·

Jip sit ook nie in n 4 jarige se broek om n landy te start……..
Geniet daai bed ou seun.

Andre ·

Ja en jy moet ook nooit n Land Rover langs jou slaap kamer venster parkeer nie, want jy sal nooit kan slaap nie soos hy staan en breek.

Justice ·

Nou kort die knapie nog net die Jack Russel wat saam met alle Landrovers kom.

Charles Rossouw ·

Ek besit ‘n land rover defender, het hom nuut gekoop. Ek is al bo sy verkoop prys aangebied. Jul voertuie klim seker ook in waarde…

Toyota mannetjie ·

Stem saam Charles, hier by ons staan hy bekend as n kapokkie hokkie, my salesman pel het my n baie mooi skildery van n landy gegee en hy hang onderste bo in my kantoor, hy drup olie op my mat , wat die waarde aanbetref, ja die prys van scrap metal hou goed tred met inflasie, jy was dom om hom nie te laat gaan vir daai prys nie, jy sal dit nooit weer kry nie, die een wat die aanbod gemaak is seker nou weg. seker sy fout agter gekom. The best 4×4 by far, on tar.

zahn ·

Ek sien dit is darem outomaties. Die klong sal maar sukkel met die gewone manual LR gearbox.

vermeende ·

Van al die LandRovers wat al vervaardig is, is 70% nog op die pad, die ander 30% het hulle besteming bereik.

Jaco ·

Charles dis eienaardig dat juis die Toyota ouens altyd n punt moet probeer bewys. Land-Rover het n fantasiese produk vir dekades gehad. Slegs die Gelande Wagen is in sy klas. Nissan het darem pas bygekom en spiraal vere op al vier wiele begin gebruik. Iets wat LR al amper 40 jaar het. Praat nie eers van markleidende permanente 4 wielaandrywing nie. Iets wat Toyota nog mee sukkel. So kan ons aangaan. Die ander dag oorreed my seuns my om met ons std Def Td5 n hindernis dag te gaan bywoon. Stil stil ry ons deur alles asof dit teerpad is. Ook oorkruis gate sowat 500mm diep. Ek moet sê ons het darem ARB ewenaarslotte. Nodeloos om te sê die ou met sy erg opgeboude Hilux se diffs het in die gate gebreek. Ons het hom uitgehelp. Jy kan ook nie n Hilux met n LR vergelyk nie. Wel n Land Cruiser wat darem toe LR so 25 jaar oud was 4×4 gekry het.

Hendrik ·

Niks fout met Toyota’s nie maar verseker met hul eienaars. Hul jaloesie kry net nie einde nie. Ongelukkig ry hul maar in die spore van Landy’s. Seun geniet jou Defender bed…baie sal wat wil gee vir dit..

Gerti ·

Ek sê altyd vir die Toyota / Fortuner Muchobende, ……..”I’ll rather have my Landrover recovered by a Toyota,…than drive a Toyota !!!!,……..the recovery is after all just a temporary embarrassment !!! Driving a Toyota,…..well….??

Hulle sê mos daar is net vier soorte Toyota/Fortuners : 1. Die gesteeldes, 2. die wat nog gesteel gaan word, 3. die wat al omgeval en gerol het en 4. die wat nog gaan omval en rol.!!!

Carel ·

Wonder hoeveel Toyotas met 300000+ km op die klok lewe nog
Landies is baie

Carel ·

Wonder hoeveel Toyotas met 300000+ Afrika kilometers op die klok “lewe” nog
Landies is baie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.