400 eerstejaars sing lofliedere in reën

Die 400 eerstejaars by die kamp. Foto: Facebook via Christo Louw

Die 400 eerstejaars by die kamp. Foto: Facebook via Christo Louw

Foto’s van ongeveer 400 eerstejaar-studente van die Universiteit van die Vrystaat wat spontaan begin lofliedere sing toe die reën tydens ʼn eerstejaarskamp uitsak, word wyd op sosiale media gedeel.

Christo Louw het foto’s op sy Facebook-blad gedeel van die 400 studente wat die sogenaamde Kougom-eerstejaarskamp by die Retief VCSV-kampterrein in die Vrystaat bygewoon het.

“Die studente was gereed om met waterspele te begin toe dit begin reën het. Hulle het toe spontaan in die reën gaan staan en lofliedere begin sing,” het hy op Facebook gesê.

Die VCSV-kampterrein is deel van die Verenigende Christen-studentevereniging wat poog om jong mense te bekeer. Dié organisasie wil ook jong mense beter leiers maak wat ander kan lei na die kerk en na God. Hulle verander die lewens van jongmense deur middel van kampe, uitreike en verskeie ander programme.

Besoek VCSV se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Blommetjie ·

Ai nou sit my blaas onder my oe! Dankie Vader vir die reen!!

Asjas ·

Ek kry sommer hoendervleis!! Met sulke mooi jong Christen mense is daar dalk tog ‘n toekoms vir ons in die land.

Annamarie Malan ·

Dis wat ons so nodig het in ons land Mense oud en jonk wat saam die Here prys . Julle is ‘n pragtige voorbeeld vir ons almal

San ·

Prys die Here vir sulke pragtige jong mense. n Voorbeeld vir baie van ons mense!

Pierre Jordaan ·

So lekker om goeie mooi baie mooi nuus te kan lees. Enigste oplossing vir die land se probleme is God se Beheer en so mooi om onder die jong mense te sien.

Fanie Kemp ·

Ek was nog altyd baie positief dat ons ‘n pragtige toekoms het omdat ons sulke pragtige jongmense het – soos hierdie. Bly ge-anker in julle Christelike waardes en lojaal aan julle taal en kultuur.
Ons hier in die Suid-Kaap sing in ons harte saam met julle lofliedere teenoor ons Hemelse Vader vir die reën wat oor groot dele van die droogtegeteisterde gebiede uitsak.
Fanie Kemp

Naomi du Bois ·

Hierdie is die enigste ” goeie nuusbrokkie” vir die dag. Jong mans en jong vroue wat mekaar omarm in gebed. Dan glo die jonger geslag nog in die toekoms en dan sal daar uitkoms kom, al is ons nou in die nood.

Connie Swartz ·

Absoluut fantasties, Dankie kinders vir die mooi gebaar, Saam sal ons die Here dien en prys,

Lila ·

Tuks en Wits is weer gesluit. Kovsies sing lofliedere. Wie is more se leiers? Waarheen sal ek my kinders stuur? Ek dink ek het my antwoord!

Sarel Strydom ·

Halleluja!!!!!!!!!!! Haak Vrystaat As dit nie inspirerend is nie wat is, terwyl die ander universiteite steeds gesluit is weens geweld. Kovsies– Prof. Janson julle kan trots wees op hierdie jong mense.

christel ·

“God is good all the time, and all the time God is good!!!!” So bevoorreg dat my seun deel daarvan is!!!! Aan God die eer!!!

Nicola ·

Almal kla altyd oor die kinders van vandag… en kyk nou net. Pragtige jong mense wat reg grootgemaak is en vir ons hoop gee vir ons toekoms. Alle voorspoed vir hierdie KOVSIES.

Carine Fritz ·

Is daar dan nie iemand wat vir ons n ou video clip het nie, sal graag dit wil hoor

Vanita ·

Prys die Heer vir jongmense wat Hom onbeskaamd loof en prys! Ons toekoms is veilig in die hande van Godvresende Jeug! Oneindig dankbaar vir die vooreg wat my seun het om deel van hierdie groep te mag wees

Helen ·

Wat ‘n voorreg om maroela media as ons eie boerevolk se media te kan he waar sulke positiewe Christen optrede aan die wye publiek uitgesaai kan word. Ons sien nie hierdie uiters belangrike optrede van ons jong kinders op die nuuskanale nie en dit is net ‘n moet dat dit miljoene mense moet bereik sodat die vyand kan sien ons jong kinders gaan nie le nie, hulle sien nog vir hulleself ‘n toekoms in Suid-Afrika met hulle Geloof in Jesus. Dankie Maroela Media dat julle dit met ons deel!

Helen ·

Hoe wonderlik om ons jong mense te sien opstaan vir ons Hemelse Vader en wat vir hul belangrik is. ! Trots op julle jong mensie, bou so voort asb! Dankie!

Dion Kruger ·

Dis regtig wonderlik om te sien hoe ons volk stadig maar seker terug draai na God o s Vader! Maar hoekom moet dit ‘n droogte, of ondraaglike situasies vat om ons volk sover te kry om op ons knieë weer terug te keer na God toe? Hoekom kan ons nie net altyd in nederigheid voor God op ons knieë bly nie?

Cobus du Plessis ·

Spreuke sê dat God die harte van konings in die palm van sy hand hou. Ek dank hom vir die leiers van môre…

Rina Kotze ·

Cobus, ek stem heeltemal met jou saam.
Waar in Spreuke staan dit asb? ek wil dit gaan opsoek!
Hierdie studente is ‘n voorbeeld van wat gedoen moet word, instede van volg almal wat nie weet wat om te doen nie!

Gerda ·

Spr 21: 1 “Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.”

Peet Schabort ·

Ek het nie woorde !! Sou dit moontlik wees vir hierdie studente om in Bloem te begin met ‘Flash mob’-sang soos op Youtube gedoen word? Ek glo dat dit soos ‘n veldbrand sal versprei !!

SNEL ·

Kry sommer n knop in my keel, dis wonderlik om te sien dat hulle so saam staan in geloof en die Here loof en prys.

Deon Venter ·

Ps 144:15 : “ . . . .Dit gaan goed met die volk wie se God die Here is.”

Erwine ·

Prys die Here ek sit vandag met my kind wat St 10 is en my kom maal van is daar oop en voor uitgang en so maak ek die lees stuk oop en daar is my antwoord God voorsien en maak vir ons kinders n pad wat gin mens kan weg neem nie. Dankie Dames en Manne vir die wonderlike gebaar van geloof.

Esther ·

As volk buig ons voor die Here neer in aanbidding…. ons gaan staan nie en dans en sing “kill the Boer” nie – dis hoekom God Hom ontferm oor ons en ons gebede beantwoord. Dankie Here dat ons anders kan wees en dat ons daarvoor beloon word. Groot is U!!!!!

Wendy ·

Prys die Here! In Christus is daar altyd hoop! En oorwinning!

Thom van Rooyen ·

Dis BAIE bemoedigend as jongmense so optree in die moeilike tye waar betogings en anargie hoogty vier. Hou VAS jeug van ons land.

neelsie ·

Dit is ons kultuur,- dankbaar vir God se genade.
Met sulke jongmense kan ons die lewe aandurf.
Mag God se seen met hulle wees.!

Maggie ·

Hoe wonderlik!!.
Ons jeug wat die Here prys en loof.
Dankie Vader dat Suid Afrika nog kinders het wat In God glo en op Hom kan vertrou.

Magel ·

Ek prys die Here dat daar soveel Christene in hierdie land van ons is.
Volgens Wikipedia 79.8% meer as 35 miljoen. Christenskap is ‘n baie groot keuse en nie ons kultuur nie. Die deur is oop vir almal want God wil dat niemand verlore gaan nie.
Mooi dat hierdie jong mense Christene is en dat daar soveel in ons land is wat gebid het vir die reen. Kom ons juig saam en vra Vader vir verdieping in ons almal se kennis van Sy wil sodat ons daarvolgens kan leef. Hy sal die wat Hom verwerp hanteer. Jesus se Hy is die weg en die waarheid en die lewe . Kom ons volg Hom en uit ons gehoorsaamheid sal daar lewe vir ons in oorvloed kom.Johannes 10 vers 10b. Kom ons maak seker deur korrekte skenkings dat elke Christen kind die geleentheid sal he om te studeer in hierdie land. Moenie dat sekulere mense jou skenkings hanteer nie. Dan glo ons Vader sal die land opbou deur hul regte keuses.
Al my boere familie juig oor die reen. Dit het gereen op al my verskeie neefs en niggies se plase!!!

marikivanheerden ·

Ek prys die Here vir die jongmense. Hulle gee nuwe hoop vir ons land. As kind onthou ons nog die biddae vir reen en dan die dankdag

Marius van der Walt ·

Moet nooit skaam wees om GOD se naam in openbaar aan te roep nie Groot is GOD die ALLER HOOGSTE NAAM

Alet ·

If my people, who are called by my name, will humble themselves and pray and seek my face and turn from their wicked ways, then I will hear from heaven, and I will forgive their sin and will heal their land.

Dankie Jesus

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.