5-jarige se fotosessie saam met groot-grootouers vermurwe harte

Richard en Caroline Bain. Foto: Rachel Perman Photography/Facebook

ʼn Vyfjarige seuntjie se fotosessie wat deur die animasierolprent Up geïnspireer is, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media en vermurwe harte in die proses.

Rachel Perman het vir haar seuntjie, Elijah, gesê hy kan sy vyfde verjaardag met ʼn fotosessie vier. Hy het dadelik op Up as tema besluit aangesien dit een van sy gunstelingrolprente is. Perman is ʼn deeltydse fotograaf, berig CBS News.

Richard en Caroline Bain, albei 90 jaar oud, is ʼn ewebeeld van die bejaarde gepaar in die animasierolprent.

Perman het die foto’s op Facebook gedeel waarvandaan dit soos ʼn veldbrand op sosiale media begin versprei het. Elijah se tweelingsussie, Emilee, het ook ʼn fotosessie gekry en het saam met ʼn perd, wat soos ʼn eenhoring lyk, poseer.

Perman het aan Fox News gesê sy is direk ná die tweeling se geboorte met kanker gediagnoseer. Sy het dus gevrees dat sy nie meer hier sou wees om haar kinders se vyfde verjaardag te vier nie.

Sy het besluit om die dinge wat haar kinders se harte bly maak met foto’s te vier. “Dit is ʼn viering vir my en vir hulle,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.