67 minute: Maak jóú wêreld ʼn beter plek

Foto: doctoroz.com

Foto: doctoroz.com

Op 18 Julie word mense aangemoedig om ʼn verskil te probeer maak in hulle omgewing of gemeenskap. Dit is na aanleiding van oudpres. Nelson Mandela se versoek aan die volgende generasie om die verantwoordelikheid van leierskap op hulle skouers te neem.

Mandeladag vra van elke persoon om 67 minute van sy of haar dag op te offer om ʼn positiewe bydrae te lewer tot ʼn beter Suid-Afrika. Dit fokus ook om vaardighede so te benut om volwaardige verandering te bring waar dit die nodigste is. Vanjaar se temas sluit die volgende in: voedselsekerheid, onderrig en geletterdheid, infrastruktuur en diensbaarheid.

Kom ons fokus nie net op dié omstrede leier nie, maar juis op die geleentheid wat so ʼn dag bied. Elkeen van ons besit die vermoë om ʼn ander persoon se lewe positief te beïnvloed. Dit vra net ʼn bietjie van jou tyd en kreatiwiteit – hetsy ʼn diens wat jy lewer, ʼn skenking wat jy maak of self ʼn vaardigheid wat jy aan iemand oordra.

Hier is ʼn paar idees hoe jy betrokke kan raak:

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het altyd vrywilligers nodig met ʼn verskeidenheid projekte.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) bied ʼn verskeidenheid geleenthede om betrokke te raak.

ʼn Grootskaalse breimarathon word op 18 Julie gehou. Stuur gerus ʼn e-pos na [email protected] vir meer besonderhede.

Besoek gerus dié webwerf vir nog idees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chrisjan Denysschen ·

Ag nee, ek is werklik telleurgesteld dat Maroelamedia mense aangemoedig het om Mandeladag te huldig. Dis blatante mensverering van een van ons volk se vyande. Dit grens aan afgodediens. Skande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.