7-jarige weldoener verower harte

Sipho (Foto: Facebook)

Sipho (Foto: Facebook)

ʼn Sewejarige seun van Hermanus in die Wes-Kaap het derduisende harte verower nadat hy, sonder enige vergoeding, dit sy selfaangestelde taak gemaak het om te verseker al die straathonde in sy gemeenskap kry huisvesting en word versorg.

Klein Sipho, soos die Hermanus Dieresorgvereniging (HAWS) na hom verwys, het byna oornag ʼn internetsensasie geword nadat dié organisasie sy storie op hul Facebook-blad gedeel het.

Werknemers by die skuiling het Sipho bykans agt maande gelede ontmoet, nadat hy by die versorgingseenheid vir ʼn leiband gevra het.

Nadat hy ʼn leiband gekry het, het hy elke week die versorgingseenheid besoek. “En hy het elke liewe keer ʼn ander straathond saam met hom gebring!” het HAWS op sosiale media gesê.

HAWS sê in die inskrywing dat hulle egter later moes begin briek aandraai weens die groot aantal diere wat hy na die skuiling bring.

“Hy het ons vertel dit is sy selfaangestelde taak om elke siek hond in sy omgewing na die skuiling te bring, sodat hulle behandel kan word om te genees en gehuisves kan word.

Sipho het takies in en om die skuiling begin verrig om op te maak vir die geld wat op die straathonde spandeer word (Foto: Facebook)

Sipho het takies in en om die skuiling begin verrig om op te maak vir die geld wat op die straathonde spandeer word (Foto: Facebook)

“Sipho het selfs meer as dit gedoen en na elke troeteldiereienaar in die omgewing gegaan en daarop aangedring dat hulle die diere na HAWS neem om ontwurm te word en om vir hulle ʼn mooi leiband te koop,” het hulle geskryf.

Toe die organisasie later sê hulle kan dit nie meer bekostig om na al die diere te kyk wat hy na die skuiling bring nie, het hy begin om vloere te vee en ander takies verrig om te probeer opmaak vir die geld wat HAWS op die honde bestee.

“Ongelukkig het die ekonomiese werklikhede ingetree en kan ons nie al die diere versorg sonder die nodige fondse nie. Dit is werklik sy passie en ons wil hê hy moet dit met die publiek se hulp kan doen,” het hulle bygevoeg.

HAWS het intussen ʼn fonds, Sipho’s Fund, gestig sodat hy steeds die diere in die omgewing kan versorg.

Vir meer inligting oor HAWS, stuur ʼn e-pos na [email protected] of besoek hul webwerf.

Besoek ook die HAWS-webwerf vir meer inligting oor skenkings.

Bron: Good Things Guy, Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hermien Visser ·

Pragtig Sipho, baie trots op jou. Mag jy ‘n groot inspirasie vir jou maatjies wees.

Corrie Steyn ·

Stem 100% saam,jy klein Sipho sal nog groot vergoed word

Jackie Visagie ·

Did nou werklik uitsonderlik, die rede hoekom daar soooo baie straat honde is, is omdat elke mens wil en moet n hond he, maar as dit by versorging kom, kom hul baie te kort. Dit is bitter selde dat mense honde aanhou uit die liefde van die saak! Hierdie kind gaan eendag n uitstekende man wees want hy word met die regte waardes groot……my pa het altyd gese, kyk hoe behandel n mens sy hond dan weet jy watter karakter jy mee te doene het, want n mens wat NIE liefde vir n dier het nie is nie te vertrou nie……en glo my, ek leef by sy motto. Mooi so Sipho, ek is so trots op jou.

Theresa B ·

Dit wil gedoen wees! BAIE volwassenes kan by hierdie knapie gaan leer wat dit is om menslik te wees!!

Denise ·

So bly om te hoor dat daar klein mensies is wat omgee dit is nes jy daar se Theresa B ons kan by die kinders leer wat dit is om menslik te wees !! En ai tog hoekom n hond aanhou as jy nie vir die dier kan sorg nie dit is harseer as ek sien al die diere wat so verwaarloos en mishandel word!!! Al wat hulle vra is kos ,water en liefde!!!

Anneline ·

Man Sipho wens ek was nader om vir jou n milkshake te kon koop. Dankie vir jou voorbeeld, waarmee jy selfs groot mense leer. Dankie namens elke hond wat jy red.. jy is spesiaal en het verseker net sulke wonderlike ouers wat vir jou n pragtige voorbeeld is

Madelein Venter ·

Kom aan mense Kom ons help fat Sipho sy droom kn verweesenlik ons kn almal se ons is trots op Sipho maar Wat gaan dt help om sy droom tell verweesinlik.Kom ons gee elk n sekere bedraggled aan HAWS.

Ben ·

‘n Ordentlike man in wording. Hou so aan seun, hierdie land het jou brood-nodig! Mooi gedaan!

Lydia Steyn ·

Sjoe wat n ongelooflike storie. Ons is nou onlangs deur n situasie waar my suster n hond weggevat het by mense wat in hul huiskerk was, voorstaanders in die kerk. Die hond was oortrek van kanker, ontwater en het weke laas geeet. En hier kom hierdie kind, in sy omstandighede en help diere. Dit gee mens regtig hoop.

Vivienne ·

Ag shame seun. Dis PRAGTIG. Maak my hart sommer warm om in Hermanus te woon.

Leonie ·

Jy is awesome Sipho!! Dankie vir als wat jy vir die diere in jou omgewing doen! Jou ouers kan trots wees!

wes kaap ·

Dis nou ‘n oulike seuntjie!!!! As hy so voel oor diere is hy ‘n baie goeie mens!!! Dankie Seun en ek glo as die honde kon dankie sê en vir jou drukkies gegee het, het jy BAIE gekry!!!!

Andrea ·

Wat n wonderlike seuntjie! Sy fonds ondersteun ek beslis!
Mag hy geseënd wees.

Penellope Jones ·

Sjoe, wens so daar was meer van jou Sipho! Ek is ‘n diereliefhebber en kan net baie, baie dankie se vir dit wat jy doen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.