Topmatrieks: Sigourney wil geld maak om diere te help

Sigourney Lishman

Sigourney Lishman

Sigourney Lishman van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria wil met haar agt onderskeidings baie geld maak om bedreigde diere te help.

Sigourney spog met onderskeidings in Afrikaans, Engels, Frans, wiskunde, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, inligtingstegnologie en lewensoriëntering.

Sy gaan vanjaar aktuariële wetenskappe aan die Universiteit Kaapstad studeer. “Ek wil graag ʼn aktuaris word en die geld wat ek maak aan organisasies skenk wat bedreigde dierespesies red.”

Sigourney wil diere help aangesien hulle nie vir hulself kan praat nie “My rolmodel is Dian Fossey. Sy het hard gewerk om gorillas, wat ʼn bedreigde spesie is, van uitwissing te help red. Sy het elke dag met hulle gewerk en vir hul bestaan geveg.”

Volgens Sigourney het sy wiskunde vir die pret gedoen. “Ek sal nooit vergeet wat my wiskunde-onderwyseres gesê het nie. Sy het altyd gesê wiskunde is mooi wanneer ‘n ingewikkelde som by sy antwoord uitgekom het.”

Sy skryf haar akademiese sukses aan haar kompeterende persoonlikheid en goeie vriende en onderwysers toe. “My onderwysers was altyd bereid om na-ure tyd met my te spandeer en my te help as ek sukkel.”

Gee jou beste in alles. Geniet dit wat jy doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.