95% van Sol-Tech-ambagslui kry werk – navorsing

Sol-tech

Foto: Adéle Changuion

[promosie-artikel]

ʼn Kwalifikasie by Sol-Tech, die Solidariteit Beweging se eie tegniese opleidingskollege, is een van die beste maniere waarop werksoekers in die tegniese veld hulself kan toerus vir die arbeidsmark. Jongmense wat ʼn Sol-Tech-kwalifikasie het, is ná hul studies nie net indiensneembaar nie – hulle staan in die industrie uit as goed afgeronde, gesogte ambagslui, skryf Cilleste van Dyk.

Dié feite het duidelik geword tydens navorsing wat die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) onder afgestudeerde Sol-Tech-studente aangepak het. Die navorsing het aan die lig gebring dat ʼn allemintige 94,7% van die gekwalifiseerde Sol-Tech-studente werk het. Altesame 30% van die gekwalifiseerde ambagslui studeer self verder in hul onderskeie ambagte.

Met sulke welslae speel Sol-Tech ʼn baie belangrike rol in die Solidariteit Beweging se opleidingsplan. ʼn Goeie kwalifikasie van ʼn gesaghebbende opleidingsinstelling is een van die beste maniere waarop werksoekers hulself beter vir die huidige arbeidsklimaat kan toerus.

“Ons opleidingstrategie by Sol-Tech is eenvoudig: Hoë gehalte opleiding deur ervare opleiers op moderne toerusting,” sê Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech.

“Dis ‘n unieke opleidingsmodel met goeie korporatiewe bestuur wat ‘n balans handhaaf tussen gehalte en bekostigbaarheid. Voeg daarby gemotiveerde en toegewyde studente wat opgelei word in heelwat meer fasette as die minimum vereiste, en jy het ʼn Sol-Tech-student wat eenvoudig uitstaan bo enige ander opleidingsinstansie se studente. Dis ons suksesresep.”

Foto: Adéle Changuion

Foto: Adéle Changuion

Die navorsing wat aangepak is deur Nicolien Welthagen, senior navorser by die SNI, het gepoog om by Sol-Tech-studente uit te vind hoe hulle die arbeidsmark ervaar ná hul opleiding by Sol-Tech, en of ʼn kwalifikasie van dié instansie hulle bemagtig het vir hul beroep.

“’n Sol-Tech-kwalifikasie het vir die meeste van die studente deure oopgemaak en geleenthede geskep. Die respondente se mening oor hul Sol-Tech-opleiding was dat dit goed was, dat hulle baie geleer het en dat hulle dit geniet het,” vertel Welthagen.

Een van die unieke dienste wat aan Sol-Tech-studente gelewer word deur Ajani, ʼn geregistreerde private maatskappy wat die plasing van ambastudente hanteer, is om studente te plaas by ʼn instansie waar hulle praktiese ervaring kan opdoen. Uit hierdie plasings word 55,7% van die afgestudeerde studente dadelik ná hul kwalifikasie aangestel by die instansie waar hulle prakties gedoen het omdat hul werketiek en vaardigheid van so ʼn hoë gehalte is.

Buiten die 56,7% afgestudeerde ambagslui wat aangedui het dat hulle dadelik begin werk ná die voltooiing van hul studies, het die ander 35,4% binne ses maande werk gekry. Volgens Welthagen het 75,8% van die respondente aangedui dat hulle daarna van werk verander het omdat hulle ʼn beter pos by ʼn ander maatskappy gekry het, terwyl 15,2% aangedui het dat hulle bevorder is.

Daarbenewens verduidelik Welthagen dat die respondente gemiddeld R16 628 (ná aftrekkings) per maand verdien, maar dat sommige tot R40 000 verdien. Altesame 46,4% verdien ook nog wisselende vergoeding (byvoorbeeld oortyd, skoftoelae ensovoorts).

Foto: Adéle Changuion

Foto: Adéle Changuion

Die grootste groep respondente, 83%, het aangedui dat hulle hul kwalifikasie as ‘n goeie kwalifikasie beskou en dat Sol-Tech se opleiding vir geen ander instansie hoef terug te staan nie.

Volgens Welthagen sê die studente dat die sillabus goed uiteengesit is en dat hulle goeie ondervinding en kennis opgedoen het. Hulle meen dat dit juis die hoë standaard van opleiding by Sol-Tech is wat vir hulle werkgeleenthede geskep het.

As jy beplan om jou as ambagspersoon te bekwaam, maar bekommerd is dat daar nie vir jou werkgeleenthede gaan wees nie, kan jy ontspan. Navorsing onder die afgestudeerde studente van Sol-Tech het dit bevestig.

Byna al die studente, 93,1%, het gereken dat daar wel ʼn tekort aan ambagslui in Suid-Afrika is. Hoewel daar baie ander vakmanne is, het 40% van die respondente gesê die ander gekwalifiseerdes is dikwels baie swak in hul vakmanskap. Daar is dus baie ambagslui, maar min wat die werk kan doen.

“Uit hierdie navorsing kan die afleiding gemaak word dat Sol-Tech ʼn gerespekteerde instansie is wat opleiding van gehalte bied en vir baie studente loopbaangeleenthede skep,” vertel Welthagen.

Van Deventer is trots op dit wat Sol-Tech in sy eerste 10 jaar se bestaan bereik het. “Ons is die trotsste op die welslae van ons oudstudente. Dit verg harde werk om ‘n goeie ambagspersoon te wees, en Suid-Afrika se arbeidsomgewing is uitdagend.

“Ons probeer geensins die prentjie skets dat dit maanskyn en rose is nie, maar met die navorsing bewys ons minstens dat daar hoop is vir jongmense wat die regte opleiding het en bereid is om hard te werk,” het hy gesê.

Jý kan die Solidariteit Beweging help om aan ʼn beter toekoms te bou. SMS die woord ONSBOU na 34802 (SMS’e kos R2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.