Aanlyn leer is Generasie Z se toekoms

Argieffoto (Foto: Simone Holland/Pixabay)

Jy was op skool as Generasie X. Jou kind is nou op skool as Generasie Z. Ons Generasie Z-kinders leer anders as wat jy geleer het. Jy moes die Huisgenoot se Fanie en Melanie lees vir ekstra leermateriaal. Hulle het internet en videomateriaal tot hul beskikking met die druk van ʼn knoppie. Ons moet hierby aanpas – of ons nou daarteen skop of nie. Hulle toekoms is aanlyn!

RaisingBrightness se aanlyn platform is daarom daarop gemik om ons kinders se leerdorstigheid te les op ʼn vlak van hoe hulle breine daarvan hou. RaisingBrightness is ʼn aanlyn platform wat oudiovisuele video’s van die graad 4 – 6 CAPS-kurrikulum se werk bied vir visuele Generasie Z-leerders. Die video’s is ʼn aanlyn produk en jou kind kan dit op sy of haar eie tyd kyk en die opsomming asook ʼn toets oor daardie hoofstuk aflaai en uitdruk. Dit vervang nie die juffrou nie, dit help egter jou kind om van leer te hou en dit te verstaan op ʼn manier wat vir sy of haar brein die gemaklikste is in die 21ste eeu … deur video’s.

Vir die graad 6-kind is daar kursusse oor hoe om op te som aangebied deur ʼn sielkundige om sodoende seker te maak jou kind is onafhanklik in die leerproses teen die tyd wat hy/sy hoërskool tref. Die RaisingBrightness-platform is voorwaar enig in sy soort.

Die platform bied ook ander inhoud as net skoolwerk vir jou kind. Volgens Yolanda Grobler, arbeidsterapeut en stigter van RaisingBrightness, moet ons nie ons kinders se leergierigheid onderskat nie. ʼn Kind is nooit te jonk om meer te leer nie en daarom bied die platform ook kursusse soos “Build a business for young entrepreneurs” – ’n aanlyn kursus en boek geskryf deur Grobler as entrepreneur van twee suksesvolle ondernemings. Dit bied onder andere ook ʼn kursus oor hoe om stories te skryf (“Storiemakerkursus”) deur ʼn bekende redakteur, ʼn “Illustrasiekursus” en “Linocut printing” deur talentvolle kunstenaars vanuit die Kaap, kunskursusse deur ʼn vorige kunsredakteur van die Idees-tydskrif en vele meer. Selfs ouers sal van hierdie kursusse hou!

RaisingBrightness se groter visie is om nie net skoolwerk na jou kind te bring op ʼn manier wat werk vir sy/haar brein nie, maar ook om ander onderwerpe van leer aan hulle te bied deur kundiges in spesifieke velde.

Laat RaisingBrightness toe om die aanlyn wêreld van leer vir jou kind op ʼn veilige manier oop te breek. Daar is geen advertensies of kletskamers op die stelsel nie en dit word deur ʼn wagwoord beheer. Besoek www.raisingbrightness.co.za en begin vandag nog jou kind help om te leer soos sy/haar generasie doen.

Terugvoer van ander ouers wat die platform gebruik:

  • Ongelooflike oulik gedoen. Ons Gr. 4 geniet elke oomblik van leer. Dankie julle.
  • So bly Gr. 6 is beskikbaar! Klaar benoud begin raak oor hierdie jaar, maar te danke aan RaisingBrightness kan ek ontspan!
  • Die kinders is mal hieroor! My seuntjie sukkel om te leer en ek kan klaar sien dat hierdie video’s ‘n groot verskil gaan maak in sy lewe.

Kontak RaisingBrightness:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.