BBC berig die vier sussies en drie boeties is nou amptelik deel van die Clark-gesin. Die aannemingsproses het twee jaar geduur en die kinders was 1 359 dae in die ouers se pleegsorg.
“Ons is werklik geseënd omdat ons nou vir mense kan wys hoe goed dit is om kinders aan te neem en uit te lig hoe groot die behoefte aan aanneemouers is,” vertel Jessaka Clark, die kinders se nuwe ma.
Die paartjie het ook hul eie seun, maar dit het hulle nie gekeer om voort te gaan met die aannemingsproses nie. Jessaka se ouers het self ook kinders aangeneem en dit het haar geïnspireer. “Ek en my man het geweet dat ons albei kinders wou aanneem. Ons het dit besluit selfs voor ons mekaar ontmoet het.”
Die Clark-gesin het binne 24 uur meer as $20 000 ingesamel op die skarefinansieringswebwerf Go Fund Me om hulle huis groter te maak, sodat daar plek is vir al die kinders.
Ek weet nie meer of dit so goeie gedagte is om kinders aan te neem nie, ons het kinders met ‘n geslote aannemings bevel aangeneem en na 30 jaar het die biologiese ma hulle opgespoor met inligting wat sy by die welsyn verkry het, en walla daar is ons hele huis uitmekaar geskeur. Die kinders het al die tyd geweet dat hulle aangeneem is
Ek is self n aangenome kind. My aanneem-ouers het van jongs af oop kaarte met my gehou! Ek het ook n aantal jare gelede my biologiese Ma ontmoet en so ook al my biologiese boeties en sussies.
Ek hou die twee families uitmekaar. Dit maak dit makliker om aan elkeen genoeg aandag te spandeer. Dit kan n baie moeilike situasie wees as dit nie reg hanteer word nie. Elkeen het sy plek in my hart en weet dit baie goed.
Ek is baie bly dat ek my biologiese familie gesoek het en gevind het. Ek sal dit nie vir almal aanbeveel nie. Dit verg baie verstaan, liefde, verdraagsaamheid en omgee van alle partye.
Mense moet om die regte redes kinders aanneem en nie vir publisiteit of ‘n ekstra inkomste nie. Om soveel kinders aan te neem soos bogenoemde ouers verskuif hulle bloot van een tehuis na ‘n ander want persoonlike aandag is buite die kwessie.