Aansoeke vir studie by Akademia nog oop

akademia-opedagDie Afrikaanse onderriginstelling Akademia het Dinsdag aangekondig hy bied tot 19 Januarie ʼn laaste kans vir voornemende studente om vir die 2018 akademiese jaar aansoek te doen.

Paul Vogel, operasionele bestuurder van Akademia, het luidens ʼn persverklaring gesê daar word ʼn opedag vir laat-aansoekers gehou. “Vir die individue wat beoog om gedurende 2018 verder te studeer, en nog nie aansoek gedoen het nie, bied ons spesiaal op Saterdag 13 Januarie ʼn opedag aan om alle vrae te beantwoord. Belangstellendes word uitgenooi om die Akademia-webwerf te besoek om sodoende vir die opedag te registreer.”

Dié opedag vind plaas by verskeie studiesentrums landswyd asook in Namibië, en bied aan die publiek die geleentheid om vrae oor die instelling se hoëtegnologie-onderrigmodel en studierigtings aan studenteraads- en personeellede te vra.

“Akademia en die 2018-studenteraad is baie opgewonde om vanjaar se studente te verwelkom vir ʼn ongelooflike jaar van groei en gehalte-onderwys in ons moedertaal,” het Vogel bygevoeg.

Akademia bied die volgende geakkrediteerde kwalifikasies:

  • BCom Bestuursrekeningkunde
  • BCom Ondernemingsbestuur
  • BCom Ekonomie en Regte
  • BCom Finansiële Beplanning
  • Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
  • Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
  • Gevorderde Diploma in Projekbestuur

Voornemende en huidige studente wat finansiële bystand benodig om hul studies te voltooi, kan ook aansoek doen vir ʼn rentevrye studielening deur die Helpende Hand Studiefonds. Die rentevrye studielenings is eers terugbetaalbaar wanneer die student afgestudeer het.

Studente kan by die Helpende Hand Studiefondssentrum aansoek doen vir hierdie finansiering. Rentevrye studieleningaansoeke by Helpende Hand sluit ook op Vrydag 19 Januarie 2018.

Vir meer inligting oor Akademia en die dertien studiesentrums, besoek die webwerf by akademia.ac.za, stuur ʼn e-pos na [email protected], skakel 0861 222 888 of SMS jou navraag na 34933 (R2 per SMS).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E.K. die eerste ·

Sou graag wou sien dat daar ‘n graad met HOD by aangebied word vir die wat onderwyser wil word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.