Afrikaans.com: Hoe lyk jóú Afrikaans?

Foto: Afrikaans.com

Foto: Afrikaans.com

In ons land verteenwoordig Afrikaans baie verskillende kulture, dialekte en variante. Afrikaans is divers, kleurvol en kontemporêr. Afrikaans is ‘n taal waarvoor ons lief is en waarop ons trots is, want uiteindelik behoort Afrikaans aan elkeen van ons, selfs diegene wat dalk nie elke dag Afrikaans praat nie.

Met Veldtog Afrikaans fokus ons op hierdie diversiteit, op waardes, skoonheid en genot. Deurgaans word die positiewe gevier, verken en gedeel. Om die taal dieper te laat inkruip in die harte van diegene wat dit gereeld gebruik, maar ook om diegene wat dit minder gereeld gebruik met ander oë daarna te laat kyk.

Veldtog Afrikaans se boodskappe word vir al die platforms aangepas sodat diversiteit integraal deel is, nie net van die veldtogboodskap nie, maar ook in die lewering daarvan. Sodat dit tot vele kan spreek. Ons rig met die veldtog die uitnodiging: Vertel ons hoe lyk jou Afrikaans. Deel jou Afrikaanse leefwêreld met ons sodat ons die kleurrykheid daarvan kan sien … dit saam met jou kan geniet.

Besoek Afrikaans.com vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Niks het verander nie. Dis duidelik wie en wat die voorrang gaan geniet…. sonder my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.