Afrikaanse aktrise word vir die derde keer ma

Clyde en Lika Berning (Foto: Instagram)

Clyde en Lika Berning (Foto: Instagram)

Die Afrikaanse aktrise Lika Berning en haar man, Clyde, het onlangs vir die derde keer ouers geword – dié keer van ʼn babadogtertjie.

Die aktrise het die nuus Woensdag aan Maroela Media bevestig.

Klein Anneke is reeds op 24 Februarie gebore, maar die egpaar het besluit om die nuus vir eers stil te hou.

Lika en Clyde het reeds twee kinders, Hugo (5) en Jesse (1).

Anneke is met die hulp van ʼn vroedvrou nes haar boetie, Jesse, by die huis gebore.

“Ons het dit so beplan,” vertel Lika. “Met Jesse se bevalling was daar geen komplikasies nie, daarom wou ek dit graag weer só doen. Ons het egter nie geweet wanneer om haar te verwag nie, omdat sy al reeds ʼn week laat was. Toe ek die oggend vroeg krampe gehad het, het ek geweet die dag is hier. Dié keer het alles weer goed verloop, en ons is baie dankbaar.”

Anneke is ʼn samestelling van die name ‘Hanna’ en ‘Anna’ wat albei familiename is. “Sy lyk sommer ook soos ʼn Anneke,” skerts sy.

Die aktrise sê Anneke is reeds gewild onder Jesse en Hugo. “En mamma is ewe opgewonde, want sy gaan ʼn vriendin wees wat help om die testosteroon in die huis uit te balanseer. Ek het besige seuntjies wat alewig raserig en spelerig is, en ek weet sy gaan ʼn rustigheid bring – of altans ek hoop so.”

Lika werk tans as vervaardiger aan ʼn nuwe Afrikaanse rolprent. Hulle begin egter eers later vanjaar aan die fliek skiet. “En dis gans te gou om die aap uit die mou te laat – maar ons hou julle op hoogte!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rina Kotze ·

Veels geluk met Anneke se geboorte! Sy verjaar dieselfde dag as my dogtertjie wat vanjaar 7jr geword het!

Mag sy julle baie vreugde bring!

Kiewiet ·

Wonderlik! Uiteindelik een van ons plaaslike glinsterpersoonlikhede wat nie te “posh to push” was nie en normaal gekraam het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.