Afrikaanse alumni vat hande om grootste studiefonds te bou

Argieffoto (Foto: Gillian Callison/Pixabay)

Onthou jy die gevoel van student wees? Daardie oomblik toe jy sak en pak op kampus afgelaai is. Die skielike gevoel van vry wees, sonder enige bekommernisse.

Onthou jy die massas studente, proffies en koshuiskameraadskap wat die orde van jou dag geword het? Laat slaap en laat gaan slaap, koshuistradisies en dinees, jool en sêr… of wat van die dae toe jy in Afrikaans kon praat, in Afrikaans kon leer en in Afrikaans kon graadvang?

Nou is dit net iets om te onthou; vervang met gebalde vuiste in die lig, en vure wat verwoesting saai. Standbeelde moet val, fooie moet val, koshuisname moet val, tradisies moet val, Afrikaans moet val!

Gaan ons val? Nee. Inteendeel, ons gaan bou, want ons kan. Ons het nog altyd, ons sal weer. Ons sal self. Ek wil deel vorm van ʼn nuwe hoop en ʼn nuwe toekoms waar my kinders en hulle kinders eendag kan gaan studeer. Ek sal help bou aan tersiêre opleidingsinstellings soos Akademia en Sol-Tech deur ʼn eenmalige- of maandelikse skenking aan die #AlumniVirAfrikaans-studiefonds te maak, of ʼn testamentêre bemaking te oorweeg.

Die Helpende Hand Studie Trust het reeds R238 miljoen oor die laaste 11 jaar aan behoeftige Afrikaanse studente se studies spandeer en stel dit ten doel om teen 2025 hul platform se waarde tot R500 miljoen te laat groei.

Klik hier om by te dra: www.alumnivirafrikaans.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.