Afrikaanse sanger kry nuwe hoop danksy skenker

Adam Barnard (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sanger Adam Barnard gaan binnekort ʼn nieroorplanting kry.

Die sanger se woordvoerder, Henri Scott, het die nuus Sondag met Maroela Media gedeel.

Maroela Media het vroeër berig die sanger se niere werk nie behoorlik nie. Hy kry daarom al  ʼn geruime tyd hemodialise-behandelings in die hoop dat sy gesondheid sal verbeter.

Hemodialise is ʼn prosedure waartydens gifstowwe uit die bloed verwyder word deur middel van ʼn dialisemasjien, wat ook as ʼn kunsnier bekend staan.

Die sanger ly aan die neuropatie-sindroom wat gekenmerk word deur die verlies van gevoel in ledemate, soos die hande.

Die enigste geneesmiddel is ʼn suksesvolle nieroorplanting.

“Sy gemoed is baie positief, en hy sien baie uit na die operasie omdat sy lewe daadwerklik gaan verander. Sy vrou, gebede en aanhangers dra hom. Hy is opgeruimd en borrelend. God is werklik groot,” sê Scott.

Barnard kry daagliks terapie om hom voor te berei op die oorplanting. Die neuropatie-sindroom het onlangs ook sy gesondheid verder laat wankel.

Scott sê egter die sanger is vol moed en sien daarna uit om weer heeltemal gesond te wees.

Dit is nog nie seker wanneer die oorplanting gaan plaasvind nie.

Barnard en Scott is vanjaar vir ’n Ghoema-toekenning vir die Halleluja SA-album benoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

apie ·

Dankbaar en goeie nuus. Baie sterkte ons hoop op die beste uitslag

annette blom ·

Adam, ons is so dankbaar dat ‘n nieroorplanting nou in die vooruitsig is. Man van God, jou geloof sal jou red.

Pieter Joubert ·

Ons glo en vertrou dat die nieroorplanting ‘n sukses sal wees. Sterkte aan jou en geliefdes Adam. Bly om te sien dat jy positief is. Die Here is goed.

Elna ·

Baie baie sterkte Adam, ons glo en vertrou saam met jou dat die oorplanting ‘n groot sukses sal wees. Ons bid vir jou volkome genesing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.