Afrikaanse sanger word pa: ‘Sy’s elke traan werd’

Vaughan se vrou, Nerine, hou klein Ameline in die hospitaal vas (Foto: Facebook via Vaughan Gardiner)

Vaughan se vrou, Nerine, hou klein Ameline in die hospitaal vas (Foto: Facebook via Vaughan Gardiner)

Die liedjieskrywer en sanger Vaughan Gardiner en sy vrou, Nerine, het Maandagaand hul eersteling in die wêreld verwelkom.

Die dogtertjie, Ameline Françoise, is gesond en buite gevaar hoewel sy op 36 weke gebore is. Sy het 2,13 kg geweeg.

“Ons is baie bly en ongelooflik dankbaar vir die wonderwerk. Daar is geen probleme nie, sy is heeltemal gesond en het reeds in ons harte ingekruip. Ek kan die gevoel vir niemand beskryf nie,” het Vaughan aan Maroela Media vertel.

Nerine word Donderdag uit die hospitaal ontslaan.

Die sanger het vertel hul dogtertjie se naam is ʼn verbuiging van ʼn familienaam. “Ons het met die naam Ameline vorendag gekom deur die naam aan te pas. Françoise beteken ‘van Frankryk’, en ons het dit haar tweede naam gemaak omdat ons die eerste keer gehoor het hoe haar hart klop terwyl ons in Frankryk was.”

Die egpaar het in 2014 op agt weke swangerskap ʼn miskraam gehad. “Ons het ʼn lang pad gestap om haar te ontmoet, en dit was elke tree en elke traan werd,” het hy bygevoeg.

Hoewel sy dogtertjie net “gelukkig moet wees”, wil hy haar grootmaak met Christelike waardes. “Ek weet hoe die wêreld buite lyk. Ek wil haar leer om die regte keuses te kan maak, en eendag die regte man te kan kies. Maar vir nou kan ek haar net vashou en vir ure na haar kyk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gesiggie ·

Ag baie geluk aan Vaughan en Nerine… vir die pragtigge wonderwerk wat aan jul gegee is… Pappa jy kan maar net elke dag vir haar sing… en sy sal gelukkig wees….. Elke ouer se begeerte… dat my kind gelukkig moet wees…en die regte keuses moet maak… geniet haar terwyl sy nog klein is, want hul groei te vinnig… en waarlik baie besondere naampies”’gekies…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.