Afslag-Vrydag in Die Koöperasie

Vermy die lang rye en besige winkelsentrums: Met Die Koöperasie was Kersfees-inkopies nog nooit só maklik nie! Tydens Afslag-Vrydag kan jy boonop vir elkeen in die familie ʼn regte Afrikaanse geskenk gee dié Kersfees.

Ons het iets vir pa, ma, ouma, oupa, oom, tannie en selfs boetie, sussie en die neefs en niggies wat jy Paasfees laas op die plaas gesien het.

Hier is ʼn paar voorstelle, maar loer gerus in die rakke vir nog inspirasie:

Vir pa: Kampporselein

Of julle nou met ʼn karavaan in die bosveld kampeer, ʼn tent in die Drakensberge opgeslaan het, of sommer net ʼn piekniekkombers onder die sterre in jul agtertuin oopgesprei het, hierdie stelletjie kampporselein (twee blikborde en twee blikbekers) is net wat jy nodig het om jou liefde te bewys – vir jou geliefde, ons taal en ons mooie natuur. Koop nou

Vir ma: Handsak van egte leer – met rits

Dié duursame handsak is net so modieus en stylvol in die middestad van Kaapstad as die stofstrate van Koekenaap. Of sy nou gereeld hoë polvye of plat sandale dra, sy gaan altyd trots wees op dié leerhandsak. Koop nou

Vir boetie: Kettie

Skiet leë koeldrankblikkies pap met dié kolskootkettie: net reg vir Kareltjie se verveelde Saterdagmiddae op die plaas. Koop nou

Vir sussie: Boereplaas-bordspeletjie

Leer boer met dié heerlike Boereplaas-bordspeletjie: beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Maar jy voer ook vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water. Boereplaas is pret en opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk. Koop nou

Vir ouma: Melktertmeester-stel

Dié stel bevat alles wat jy nodig het en moet weet om ʼn melktertmeester te word: wenke van ʼn melktertmeester, twee resepte (ʼn maklike en vinnige melktertresep en ʼn melktertresep vir diegene wat hul geliefdes wil beïndruk), die mooiste Maroelaboom-stensil om jou liefde vir Afrikaans en melktert te bewys, bietjie kaneel en boonop ʼn boereporselein-blikbord om jou varsgebakte melktert in te bedien. Koop nou

Vir oupa: Sout- of pepermeul van apiesdoringhout

Kamp, braai, aansitetes en familie-onthaal het so pas ʼn bietjie meer Afrikaans geword met dié handgemaakte meul. Hierdie meul, met ʼn unieke afwerking, gaan beslis ʼn gesprek om die tafel uitlok en sal jou sommer laat terugverlang na aande om ʼn braaivleisvuur in die bosveld. Koop nou

Vir jou nefie: Egte leer-boektas

Neem ʼn stukkie kreatiwiteit saam met jou huis toe met hierdie rekenaartas van egte leer. Dit kan gebruik word as ʼn boekesak vir ʼn student of ʼn rekenaarsak. Die sak is uitgevoer met groen denim en het twee toeritssakkies aan die binnekant, met een sakkie aan die voorkant. Dit het ʼn skouerband en handvatsel vir lekker dra, met gespes en goeie stikwerk. Koop nou

Vir jou liefie: Toffies vir jou geliefde

Hierdie handgemaakte tradisionele toffies is sag en smelt soos botter op die tong en is die ideale bederf vir jou soettand-geliefde. Koop nou

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PJN ·

Die rekenaar leersak is ongelooflik mooi en lyk duursaam. Sal my maar volgende jaar met een bederf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.