Aftrede kan alles wees waarvan jy gedroom het!

(Verskaf deur Retirenow.co.za)

Laat ons nie doekies omdraai nie – min mense hou daarvan om oor aftrede te dink. Bloot omdat gesprekke en denke in dié rigting ons daaraan herinner dat die jare aanstap en ons nie jonger word nie. Heimlik hoop ons dat dit makliker sal word om die paar skoene onder die bed raak te vat, of dat ons nog lank die kleinskrif sal kan lees sonder daardie lastige leesbril. Elke keer wat ons met die uitdagings van ons – durf ons dit noem? – ouderdom gekonfronteer word, weet ons in ons diepste wese dat niemand die wysers van Vader Tyd kan laat stilstaan nie.

Daar is egter goeie nuus. Aftrede kan alles wees waarvan jy altyd gedroom het. Dit kan gehaltetyd en ontspanne, kommervrye samesyn met familie en vriende wees; ʼn tyd van vryheid om alles te doen wat jy nog altyd wou, sonder enige kommer oor jou veiligheid, gesondheid of finansies.

Central Developments het pas hulle twaalfde aftree-oord, Celebration, na nege maande van afwagting, bekendgestel. Celebration Aftreelandgoed is oorkant Northgate-inkopiesentrum in Johannesburg geleë en is definitief nie ʼn “ouetehuis” nie. Hierdie aftreelandgoed is daarop gemik om ʼn gemeenskap vir vyftig-plussers te bied wat graag ʼn aktiewe leefstyl wil handhaaf binne ʼn sosiale omgewing wat in elke behoefte voorsien deur middel van stylvolle leefstylgeriewe.

Terselfdertyd word topgehalte sorg- en ondersteuningsopsies – sou jy dit ooit benodig – verskaf. Die aftreelandgoed beskik oor ʼn 24-uur, 30-bed, verswaktesorg-eenheid wat reeds in die eerste fase ten volle operasioneel is. Kundiges op die perseel kan ook help om spesifieke versorgingspakkette vir unieke behoeftes saam te stel. So byvoorbeeld kan tuissorg vir ʼn persoon wat ná ʼn operasie in die gemak van sy of haar eie huis wil aansterk, ʼn opsie wees. Dieselfde wenresep word aangewend by die dertiende aftree-landgoed, naamlik Waterkloof Marina, wat in 2018 in Pretoria afskop.

Foto: RetireNow.co.za

Slegs sowat 10% van alle aftree-ontwikkelings bied van dag een af soortgelyke dienste en fasiliteite. Daar is óf nie enige verswaktesorg-dienste nie, óf daar word beplan om dit in die toekoms in te faseer, wat dan nooit gebeur nie. Om bloot naby ʼn hospitaal of versorgingsfasiliteite te woon, is dikwels nie voldoende nie. ʼn Sorgfasiliteit binne ʼn aftree-oord, soos in die geval van Celebration, waarborg sorg wanneer jy dit benodig.

Celebration en Waterkloof Marina bied ook volle eindomsreg en nie slegs lewensreg soos meeste ander aftree-ontwikkelings nie. Met eiendomsreg besit jy die eiendom ten volle en pluk jy self die vrug van die kapitaalgroei. Jy kan ook die eiendom aan jou geliefdes nalaat. Gegrond op werklike gevallestudies in vorige aftree-oorde van Central Developments, kan beleggers verwag om ʼn opbrengs van tot 20% per jaar op hul beleggings te ontvang en in sommige gevalle selfs meer. Dít maak Celebration een van die mees winsgewende residensiële eiendomsbeleggings wat jy moontlik kan maak.

Aangesien daar slegs ʼn beperkte aanbod van hierdie gehalte aftree-eiendomme is en aanvraag wat voortdurend toeneem, verkoop hierdie eiendomme soos soetkoek. Daar is byvoorbeeld 100 eenhede binne die eerste twee weke van die bekendstelling verkoop! Dit bewys dat jy nêrens so ʼn omvattende aftree- of beleggingseiendom gaan vind nie. Die ontwikkeling is mededingend geprys teen 10% tot 15% minder as enige vergelykbare produk in die mark, omdat Central Developments die totale ontwikkelings- en verkoopsproses intern behartig, wat die koste van ʼn middelman uitsny. Dié besparings word dan direk aan die kliënt oorgedra. Celebration Aftreelandgoed, met 979 eenhede in totaal, is ook die grootste wat die groep tot op hede ontwikkel het. Dié grootskaalse ontwikkeling maak nog verdere besparings moontlik.

Foto: RetireNow.co.za

Celebration in Fourways en Waterkloof Marina in Pretoria, bied die koper ʼn wye verskeidenheid keuses. Daar is 19 vloerplanne wat een- en tweeslaapkamer woonstelle asook twee- en drieslaapkamer kothuise en huise insluit. Alle eenhede bied luukse, gehalte afwerkings. Die groep het ook al die ondervinding wat hulle met hul vorige elf afree-oorde opgedoen het, ten volle by Celebration toegepas. Nuwe kombuisontwerpe met middelvlak-oonde, onderdakstoepe, tuinomheinings met lae onderhoudskoste en PV-sonpanele, is net enkele van hierdie verbeterings.

Celebration is ook die eerste aftree-ontwikkeling in Gauteng wat vir EDGE (Excellence in Design for Greater Efficiency)-sertifisering deur die Green Building Council van Suid-Afrika geregistreer is. Die gebruik van energiedoeltreffende tegnologie en materiaal beteken ʼn besparing van ten minste 20% meer as die norm, wat aan die einde van die maand ʼn daadwerklike besparing op water-en-ligterekeninge teweeg bring. Dieselfde aanwending van EDGE word ook vir Waterkloof Marina Aftreelandgoed beplan.

Voorts bied alle eenhede toegang tot optiese vesel vir vinnige, betroubare en bekostigbare internettoegang waarmee jy met al jou geliefdes (ongeag waar in die wêreld hulle hul ook mag bevind) in kontak kan bly. Oproepe is ook bekostigbaar en jy kan die nuutste internetvermaak geniet.

Die indrukwekkende 3 000 m2 leefstylsentrum, die grootste tot op hede en ook ten volle operasioneel vanaf die eerste fase, bied ʼn restaurant, ontspanningsaal vir sosiale byeenkomste, ʼn speletjieskamer, verhitte binnenshuise swembad, ʼn haar- en skoonheidsalon, spreekkamers, ʼn geriefswinkel, biblioteek en vele meer. Soos die res van die oord, is hierdie sentrum ʼn argitektoniese pronkstuk. Vir liefhebbers van die buitelug en natuur, is daar ʼn 2.7 ha beskermde groen area en wandelpaaie met genoeg rusplek om die pragtige uitsigte oor die omgewing se heuwels te geniet.

Bykomend tot hierdie uitgebreide fasiliteite spog die oord met die mees gevorderde sekuriteitstelsel. Dit sluit ʼn 2.4 m-grensmuur met ʼn elektriese heining bo-op, bewegingsensors, sekuriteitswagte wat die oord 24-uur patrolleer en ʼn sekuriteitskantoor toegerus met CCTV, in. Toegang word deur valhekke, metaalpenversperrings en lisensieverifikasie beheer. Sodoende word die maksimum sekuriteit gewaarborg. Vir verdere gemoedsrus het elke inwoner ʼn mobiele paniekknoppie, wat met die sekuriteitskantoor en sorgeenheid verbind is, om in ʼn geval van nood te gebruik.

Moet dus nie dat die gedagte aan aftrede jou oorweldig nie. Kom besoek Celebration se skouhuisdorp waar agt skouhuise sewe dae ʼn week tussen 09:00 tot 17:00 besigtig kan word. Kom kyk gerus hoe lyk ʼn gemeenskap waar aftrede gevier word! U kan ook www.retirenow.co.za besoek of 0861 73 84 73 skakel vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.