Akademia hou laaste inligtingsessie voor laat-aansoeke sluit

Wag jy vir matriekuitslae en wonder wat is volgende? Of staan jy reeds in die werksplek en wil graag verder ontwikkel?

Hier is goeie nuus! Akademia hou ʼn aanlyn inligtingsessie op Saterdag 20 Februarie om aan voornemende studente die geleentheid te bied om vir oulaas uit te vind oor studiemoontlikhede vir 2021.

Laat-aansoeke vir voorgraadse studies sluit 2 Maart, met die akademiese jaar vir eerstejaars wat amptelik op 15 Maart tydens studente-oriëntering afskop, nadat die eerstejaarskamp vanaf 2-4 Maart plaasgevind het. Jy het dus nog tyd om solank jou aansoekdokumente vir studies gereed te kry en vanjaar een vir die boeke te maak!

Die inligtingsessie word in twee sessies aangebied, en jy hoef slegs een van die twee by te woon – en dit sommer vanaf jou rusbank by die huis. Die eerste sessie vind van 09:00 tot 10:00 plaas en ondersoek alles wat jy moet weet van Akademia se nauurse onderrigleermodel. Die tweede sessie vind van 10:30 tot 11:30 plaas en neem ʼn blik op die voltydse kontakmodel.

Die nauurse model is ideaal vir studente wat wil studeer terwyl hulle werk of ander belangstellings najaag. Met nauurse studies het studente ʼn keuse om by een van twaalf studiesentrums aan te sluit, of om bloot via e-leer (suiwer aanlyn) te studeer.

Die voltydse model bied ʼn opwindende geleentheid vir studente wat voltyds op die nuutingerigte kampus wil klas draf terwyl hulle aan ʼn aktiewe studentelewe deelneem.

Ongeag jou die model of kwalifikasie wat jy kies, ontvang jy wêreldklas onderrig in jou moedertaal!

Nooi jou familie en kollegas om saam met jou op hierdie virtuele loopbaanreis te toer. Wie weet, dalk oorweeg hulle sommer om saam met jou te studies aan te pak. Waarvoor wag jy? Bespreek jou aanlyn sitplek vooraf om toegang tot die onderskeie sessies te verkry.

Besoek Akademia se webblad vir meer inligting, of stuur ʼn WhatsApp aan 0861 222 888. Akademia, jou Afrikaanse studietuiste!

Neem ʼn virtuele reis na jou toekoms tydens die inligtingsessie wat op 20 Februarie gehou word. Bespreek jou sitplek hier: https://akademia.ac.za/inligtingsessie-20-februarie-2021/

Posted by Akademia on Friday, February 12, 2021

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Goeie nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.