Akademia mors nie met krisisse nie

Akademia-Ateljee-Medium.jpg

Akademia-ateljee (foto verskaf)[promosie-artikel]

[promosie-artikel]

As ons universiteite aangeval word, sal ons veg om ons regte te beskerm, maar ons bou ook ’n nuwe Afrikaanse privaat universiteit, Akademia. Solidariteit fokus hierdie week as deel van sy #OnsBou-veldtog op Akademia. Vanjaar is Akademia se vyfde jaar van akademiese aktiwiteit en die akademiese instelling het boonop in 2016 ’n nuwe kampus betrek. Akademia het toegewyde en hoogs gekwalifiseerde personeel en meer as 400 studente wat etlike graadkursusse en ander opleidingsprogramme volg. R50 miljoen is al uit die Solidariteit Boufonds en die Virseker Trust uitbetaal om Akademia te bou. Solidariteit-lede kry boonop afslag van 20% vir studies aan Akademia en kry voorkeurtoegang tot studiehulp.

Flip Buys het vroeër vanjaar met die ingebruikneming van die kampus sy wenresep met die gaste gedeel:

Bestanddele vir #OnsBou-wenresep:

  1. Neem een groot krisis.
  2. Meng dit met leierskap en visie.
  3. Gooi ’n paar stewige “skeute” wilskrag by.
  4. Versterk die mengsel met kinderlike geloof.
  5. Verdun dit met Helpmekaar-energie.
  6. Klits hope harde werk in en voeg ’n knippie broedertwis by na smaak.
  7. Versoet met ’n strewe na uitnemendheid, en bak vir sowat ’n dekade in ’n groot bak vol volharding en vasbyt.
  8. Dit behoort genoeg te wees vir ’n hele nuwe geslag. Herhaal die resep op elke ander gebied. – Flip Buys, Akademia 2016
Marthinus-Visser-akademia-Medium.jpg

Marthinus Visser, uitvoerende hoof van Akademia (foto verskaf)

Volgens Marthinus Visser, uitvoerende hoof van Akademia, benodig Akademia net soos ’n klein boompie, baie aandag om eendag ’n volwaardige koelteboom vir die gemeenskap te wees.  “Akademia kan slegs tot ʼn volwaardige Afrikaanse universiteit ontwikkel met die ondersteuning van die Afrikaanse gemeenskap. Daarom brei Akademia as deel van die #OnsBou-veldtog meer uit oor ons toekomsplanne en hoe mense daartoe kan bydra,” het Visser gesê.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het vroeër vanjaar gesê dat die instellings wat deel vorm van die beweging nie vir ’n beter verlede veg nie, maar vir ’n beter toekoms.  “Die krisisse wat ons tans in die gesig staar rakende ons bestaande kampusse, moenie gemors word nie – dit skep geleenthede en oplossings.  Ons sal steeds die bestaande ruimtes van tersiêre onderrig beskerm, maar ons bou ook solank nuwe ruimtes,” het Buys toe gesê.

Piet le Roux, die nuwe akademiese hoof van Akademia, verduidelik waar Akademia tans staan, wat hulle vir 2017 beplan en wat die instelling se nege planne onderweg na 2020 behels.  Volgens Le Roux het Akademia tans 400 studente, 25 voltydse personeellede en 7 studiesentrums landswyd.  “Ons wil ons studentegetalle van 400 na 700 in 2017 opstoot en ons studiesentrums tot 15 uitbrei. Verskeie nuwe graadkursusse, waaronder BCom Regte, Finansiële Beplanning, BRek, ’n graad in Verpleegkunde en ander kort kursusse, wag ook op akkreditasie,” sê Le Roux.

As deel van sy 2020-plan beoog Akademia om 2 000 voltydse studente te hê en om ’n onderrigmodel wat voorsiening maak vir dag- en aandklasse aan te bied.  Verdere programme in Handelswetenskappe, Gesondheidswetenskappe, Geesteswetenskappe en selfs Natuurwetenskappe word ook vir moontlikhede implementering oorweeg.  Boonop sal nuwe akademiese vennootskappe ook gesluit word, terwyl internasionale akkreditasie van kursusse ook ondersoek gaan word.

Akademia is so sterk soos die ondersteuning wat hy uit sy gemeenskap ontvang. Binne Solidariteit bou ons al ons instellings met die klein bydraes van duisende mense. Elke Solidariteit-lid dra R10 per maand by tot die Solidariteit Boufonds. Met dié tien rande bou ons Akademia.

Besoek die webblad om Akademia se toekomsplanne te sien.

Om uit te vind waar jy kan betrokke raak om Akademia uit te bou, SMS die woord ONSBOU na 34802

Artikel verskaf deur Solidariteit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

André ·

Bou voort! Ons ondersteun julle hiermee. Almal moet inspring en help…indien jy nie alreeds doen nie, begin! Elke bietjie help.

Ricci ·

Inderdaad ‘n wenresep! Ek self was al ‘n student by Akademia en my seun studeer by Soltech, en ek kan getuig die dosente en hulp is uit die boonste rakke!

Danie le Roux ·

Wonderlikste nuus. Soos altyd sal die Blanke Afrikaner uit die stof en modder opstaan en vir die WÊRELD wys hoe dit gedoen word. Julle kan op ons reken en steun. Is eens met die leuse Eendrag maak Mag.

Skatimyr ·

Uitstekende visie, ons ondersteun julle. As die skole egter substandaard is en ons kinders word geindoktrineer sal díe universiteit nie die skade kan herstel nie. Dit is nou tyd vir plan B vir die skole.

Truth-Seeker ·

Uitstekend! Ek is een van julle ondersteuners. En dit is so lekker gevoel om daai bietjie hoop te kry vir ons taal en ons mense.

Dit gesê, wil ek nou nie “Doom en Gloom” in die prentjie gooi nie, maar die EFF’s, ANC’s DA’s van ons land gaan defnitief dit nie net so laat nie, hulle sal weer soos altyd iets te se he oor Afrikaans, Apartheid, Jan van Riebeeck etc. al is dit privaat ge-finansier, iets soos “dit is hulle land, en daar mag net gebou word wanneer dit vir almal gedoen word, nie net Afrikaans nie”.. jarra jarra jarra….

Piet ·

Baie goeie iniatief. Baie geluk. Probleem is . Die regering sal nog steeds later wanneer Akademia mooi opgebou is deur Afrikanergeld kan eise stel of andersins Akademia se lisensie wegneem. Hoor my, die Afrikaner gaan die instansie opbou en die regering gaan dit verengels. Dis hoekom ek glo die enigste ware opslossing is ‘n onafhanklike land.

Johann Marx ·

Ek dink dis tyd dat Solidariteit bevestig dat skenkings aan hulle belasting aftrekbaar is, en wat die perke is, en of hulle ‘n sertifikaat daarvoor uitreik aan skenkers se belasting opgawes. Baie gou sal ons begin besef dat hierdie “saambou” nie met skenkings gedoen word nie…..maar met “gekanaliseerde belasting”…..Ek gee liewer by belasting hiervoor, as vir Nkandla en of ‘n nuwe vliegtuig!!!

AmperProf ·

As daar gekyk word na hoe universiteite die wereld oor en deur die geskiedenis ontstaan en gegroei het (gewoonlik baie klein en stadige groei) dan besef ons hoe uitstekend julle doen deur om in so n kort tyd soveel te bereik. My aanvevelings is soos volg:
1) Moet nie net dit oorweeg om oorsese akkreditasie kyk nie, doen dit beslis, want die regering gaan julle keel afsny deur eenvoudig nie te akkrediteer nie. Gelukkig is die kennisekonomie globaal, so doen dit net.
2) Baie mense wil help maar nie net deur geld nie, maar ook deur content ontwikkeling, tyd, geleenthede om student prakliese opleiding of internskappe (al is dit informeel) te gee, bemarking, venues vir opleiding en so aan. Soveel Afrikaners het baie ervaring, meer as net geld, en ander het nie geld om te gee nie maar het wel kundigheid en gewilligheid. Meer breine en hande sal julle help om baie vining baie meer kursusse en student ke kry.
3) Bring beslis afstandsonderrig en online leer in. Kyk hoe gewild was Unisa nog altyd onder Afrikaners, en online is beslis die toekoms. Dit kan julle kursusse baie meer toeganklik maak, baie meer student sal dit dan kan bekostig want dit is goedkoper as voltyds leer, ook ouer studente, mense wat deeltyds wil leer of wat ver van julle kampusse bly.

AmperProf ·

4) Om vennootskappe met ander onderriginstellings, ook en veral oorsee te bou, is noodsaaklik want goeie kontent wat gedeel kan word en in n globale ekonomie vanpas is, is die hoeksteen van modere naskoolse onderrig. Dit is heeltemal onnodig dat julle als alleen moet doen, oorsese universiteite en colleges sal met graagte deel as die regte ooreenkomste in plek is. As van die leermateriaal in Engels is is dit aanvaarbaar – Afrikaanse universiteite het inelkgeval nog altyd in baie vakke van Engelse handboeke gebruik gemaak.
5) Ontwikkel ook Afrikaanse skole en laat Soltec, Akademia en die skole nou saamwerk, geriewe, leerapparaat, personeel deel, want ons staatsskole gaan hard val.

Akademia, laat weet ons hier as ons kan help met begenoemde voorstelle, ek sal met liefde my kennis en ervaring deel en ek glo ook baie ander sal wil.

AmperProf ·

4) Om vennootskappe met ander onderriginstellings, ook en veral oorsee te bou, is noodsaaklik want goeie kontent wat gedeel kan word en in n globale ekonomie vanpas is is die hoeksteen van naskoolse onderrig. Dit is heeltemal onnodig dat julle als alleen moet doen, oorsese universiteite en colleges sal met graagte deel as die regte ooreenkomste in plek is. As van die leermateriaal in Engels is is dit aanvaarbaar want Afrikaanse universiteite het inelkgeval nog altyd in baie vakke van Engelse handboeke gebruik gemaak.
5) Ontwikkel ook Afrikaanse skole en laat Soltec, Akademia en die skole nou saamwerk, geriewe, leerapparaat, personeel deel, want ons staatsskole gaan hard val.

Akademia, laat weet my hier as ek kan help met bogenoemde voorstelle, en ek glo ook ander sal wil help, ons het goed opgeleide en ervare mense wat graag n verskil wil maak, ons moet nou net saamwerk.

zelda ·

Ek weet dit kan werk moet net nie vergeet om aan te hou bid nie,want alles wat ons AKRIKANERS het en doen kom van GOD af, en hou mood en sterkte. Wel as jy nie sterk is nie moet jy slim wees al vat die nuwe regering alles weg van die blankes kan hulle nie ons kennis weg neem nie en dis n plus punt vir ons,so hulle het ons nodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.