Akademia se hande versterk met toonaangewende professore

akademia-nuwe-aanstellings

Bo links is prof. Danie Goosen wat die nuwe akademiese hoof van Akademia is. Saam met hom is prof. Gawie du Toit wat as die dekaan van Akademia se Fakulteit Opvoedkunde aangestel is. Links onder is prof. Hannes Rautenbach wat aangestel is as dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe en prof. Pieter Duvenage wat die leisels as dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe opneem. Foto: Verskaf.

Die Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit, Akademia, beoog om vanjaar 40 nuwe kwalifikasies vir akkreditasie in te dien en het pas vier gerekende professore aangestel om gehalte-onderrig by die instelling verder uit te bou.

“Die nuwe akademiese hoof en dekane wat aangestel is, is getaak met die uitbreiding van ons programaanbod in die geesteswetenskappe, asook om bydraes te lewer tot die totstandkoming van fakulteite in natuurwetenskappe en opvoedkunde,” het Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, gesê.

Danie Goosen, professor in die geesteswetenskappe by Unisa, neem in Februarie sy plek as akademiese hoof by Akademia in.

In Januarie neem prof. Pieter Duvenage die leisels as dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe op. Duvenage was voorheen departementshoof van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Filosofie en is ereprofessor in politieke filosofie by Cardiff Universiteit in die Verenigde Koninkryk.

Prof. Hannes Rautenbach is aangestel om vanaf Februarie sy plek as dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe in te neem. Rautenbach was voorheen departementshoof van die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie by die Universiteit van Pretoria en buitengewone professor by die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid aan dieselfde universiteit.

Prof. Gawie du Toit is as dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aangestel, en sluit in Maart by Akademia aan. Du Toit was voorheen hoof van die Skool vir Opvoedkunde by die Sol Plaatje Universiteit in die Noord-Kaap.

“Met die aanstellings skep Akademia – in ʼn onstuimige hoëronderwysomgewing – nuwe moontlikhede vir voornemende studente wat gehalte-onderrig in Afrikaans wil ontvang. Ondanks die taalbeleidstellings van talle openbare universiteite wat moedertaalonderrig onmoontlik maak, bou Akademia voort aan Afrikaans as wetenskapstaal,” het Visser gesê.

Akademia vier vanjaar sy agtste bestaansjaar en het reeds aan meer as 3 500 Afrikaanse studente toegang tot hoër onderwys van gehalte gebied. Oor die afgelope sewe jaar het Akademia 11 kwalifikasies geakkrediteer wat grade, hoër sertifikate en ʼn gevorderde diploma insluit.

“Die instelling bereik jaarliks nuwe hoogtes in die daarstel van ʼn volwaardige gemeenskapsuniversiteit wat ʼn wye verskeidenheid vakdissiplines aanbied. Die aanstellings van hierdie gerekende akademici vorm deel van Akademia se oprigting van ʼn omvattende residensiële kampus.

“Ons glo dat hierdie kundiges se gerekende ervaring ʼn merkwaardige bydrae sal lewer om Akademia se akademiese en bedryfsrelevantheid te behou en toenemend uit te bou,” het Visser bygevoeg.

  • Studie-aansoeke vir 2019 is oop tot 19 Januarie. Vir meer inligting oor Akademia, besoek akademia.ac.za, stuur ʼn e-pos na [email protected] of skakel 0861 222 888.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Johannes ·

Wonderlike nuus vir die voortbestaan van Afrikaans as wetenskapstaal!

1+1 ·

GOEIE NUUS!! Hoop daar gaan later ook plek gemaak word vir ‘n Fakulteit Opvoedkunde waar Afrikaanse Onderwysers opgelei gaan word en waar alle OPVOEDKUNDIGE DISSIPLINES weer sy regmatige plek sal kry,

1+1 ·

Sorry, Ek het dit mis gelees. Daar is reeds aan ‘n Fakulteit Opvoedkunde aandag gegee. Dit gaan weer iets van wereldgehalte wees. !!!

Charles ·

My gelukkigste dag ooit!

Afrikaans, Afrikaans my dierbare en edele Taal!!

Tommie ·

Ek dink nie Akademia is op die gelykheidswa nie.
Daar word slegs die beste persoon vir die pos aangestel.
As dit ‘n man is, dan is dit so.
As dit ‘n vrou is, dan is dit so.

Stormrider ·

Ek het hoendervleis en trane.
So trots op my volk……

Sophia ·

So TROTS op julle, Akademia! Baie geluk en mag julle van krag tot krag gaan!

Johan ·

Dit sal binnekort die standaard wees in SA Vir naskool kwalifikasies.Medies nou die volgende Doel…Stoom,storm voort,daar sal uitdaging wees,ons sal dit nie anders wil he nie!

lewies ·

Solidariteit het hulleself met hierdie aankondiging oor Akademia op rekord geplaas. Die vrug van hierdie besluit sal soos ‘n “mostertsaad” ontwikkel. Baie sterke met hierdie inisiatief. Maandelikse bydra vir julle boufonds sal nou eskaleer, om hierdie ideaal te verwesentlik. Ons kinders en kleinkinders sal die skaduwee wat hierdie boom gaan verskaf effektief kan gebruik tot eer van Sy naam.

Magda ·

Prof Gawie du Toit het baie jare gelede vir my wiskunde op skool gegee hier in Bloemfontein, Jim Fouché Hoërskool. WoW!! Geluk meneer! Hoe trots is ek nou!

DG ·

Skitterend !! Hoop en bid net dat die Natuurwetenskaplike fakulteit lugtyd gee vir die skeppingswetenskappe. Vir te lank het die Evolusie teorie die handboeke en wetenskap fakulteite as enigste moontlike antwoord tot die onstaan van lewens diversiteit geskaak.

IK ·

Pvt en Jaco, die prof. is aangestel as hoof in die dept. Volhoubare Energie. Dis waar ook ek as kind my opleiding gekry het om miskoeke regop teen mekaar te pak in sirkels vir die droogword proses. Dan daarna het ons vuur daarmee gemaak.

By alle ander universiteite ·

Hul is oral by alle ander universiteite waar blanke akademici nie meer werk kan kry nie.

Maggie ·

Baie geluk Prof Hannes met die besonderse prestasie. Voorspoed word jou toegewens.

jaco ·

wanneer n besigheid se aantal personeellede ‘n sekere getal oorskry en/of wanneer die finansiële omset ‘n sekere bedrag oorskry, moet daar regstellende aksie toegepas word. dis nie ek wat so sê nie; dis SA se arbeidwette wat so sê. so ek wil graag weet, hoe kom Akademia by regstellende aksie verby?

Judge Dredd ·

Nou wie se net wittes werk/studeer by Akademia?
Daar is kleurlinge en ja Swartes wat Afrikaans magtig is.

Awie Opperman ·

Ek wil ‘n beroep doen op elkeen, wat nie reeds ‘n bydrae aan hierdie inisiatief lewer nie, om dit ook finansieël te ondersteun (indien moomtlik). Afriforum kan net bou as hulle die fondse het en ek weet hulle sal geen steun vam die staat af ontvang nie

Logika ·

Baie goeie vordering en goeie nuus.

Welgedaan aan die persone wat die strategiese ontwikkelingsplan vir Akademia opgestel het. Ek voorsien vinnige en drastiese groei in Akademia se toekoms.

Pypdroom ·

Baie goeie werk en ‘n mooi visie. Maar hoe lank voor die swart regering die instelling kaap en hulle grondwet in Akademia se keel afdruk en hulle dreig om akkreditasie ens te kanselleer tensy hulle Engels as parallel medium of hoof-voertaal instel? Enige iets wat lyl of ruik na wit of Afrikaans is te dik vir ‘n daalder want dit laat die res vd bevolking sleg lyk, kyk maar wat het hulle aangevang met staatsgesubsidieerde universiteite soos Stellenbosch, Pukke, OVS ens – die ruggraat verwyder. Die swart regering sal wel hulle grondwet in Akadamia se keel afdruk, merk my woorde

jaco ·

ek weet common sense sê stel die beste gekwalifiseerde persoon aan met die beste ondervinding en moenie nonsens soos ras in ag neem nie. dit werk egter nie so in SA nie en ALLE groot besighede is onderworpe daaraan. dis wat SA se arbeidswette sê. Sodra ‘n besigheid ‘n sekere hoeveelheid personeellede oorskry en/of die omset ‘n sekere bedrag oorskry, MOET regstellende aksie toegepas word. So ek wonder maar net: hier stel Akademia nou VIER WIT mans aan. hoe kom hulle verby regstellende aksie? Dit help nie al die skoonmakers en die tuinwerkers is swart en al die professors is wit nie. Die dept van arbeid sien dit vinnig as uitbuiting en diskriminasie teen swart mense.
Dis nie ek wat hierdie wette gemaak het nie. ek was ook al meer as een maal n slagoffer van hierdie wette. maar juis daarom wil ek graag weet, hoe kom Akademia verby regstellende aksie vereistes?

Anoniem ·

Akademia sal definitief ‘n baie swak SEB gradering hê. Dit beteken nie dat hulle nie mense mag aanstel nie, bloot dat hulle geen besigheid van die regering ooit sal kry nie, wat beslis nie hulle oogmerk is nie. Wat betref die grade wat hulle toeken, is dit na my wete internasionaal erken, wat beteken die plaaslike erkenning daarvan is basies oorbodig. Dis nou behalwe gevalle waar bv die mediese raad jou moet akkrediteer. Ek vermoed daardie geveg is nog oppad.

Charles ·

Akademia is geregistreer as ‘n maatskappy sonder winsoogmerk, en derhalwe is die veragtelike diskriminasie gereedskap nl. SEB n.v.t. nie. Verder moet ook in ag geneem word dat Akademia in wese as PRIVAAT Afrikaanse kulturele kennisoordrag entiteit funksioneer en AFRIKAANSE personeel MOET dus aangestel word, so ja, jy kan maar ophou mor oor “Bemagtiging van Polities Korrekte en Polities Sinvolle DISKRIMINASIE”.

Werner ·

Waarlik ‘n groot sprong vorentoe! Met sulke bekwame mense in beheer, het ons kinder weer ‘n gelyke kans!

Jerry ·

Uitstekend van die leerkragte. Hulle gaan lekker diep spore trap in SA en as ouergarde die jeug reg voorberei vir wonderlike loopbane in SA en hopelik ook in die buiteland. Dit sal interresant wees om te weet hoeveel van die 3500 afgestudeerdes werk in SA en hoeveel werk in die buiteland! Terwyl geleenthede in SA aan die kwyn is, is daar steeds ongelooflik baie geleenthede in die buiteland wat, gegewe die SA situasie, benut behoort te word deur jong Afrikaners. Die son sal wragtigwaar weer op die Afrikaner skyn die dag wat Afrikanerorganisasies die jeug ondersteun en aanmoedig om strategiese buitelandse geleenthede te benut! Dat daar in die toekoms n tyd gaan kom dat dit net die belastingbetaler gaan wees wat dermiljoene mense gaan dra in SA en dat SA meer en meer gaan moet begin staatmaak op invoere vanuit die buiteland is gegewe vooruitskattings soos gebaseer op aanwas in menslike getalle, ongunstige klimaattoestande met n daling in voedselproduksie, lugbesoedeling en waterbesoedeling, konflik ens n besliste toekomstige realistiese gegewe vooruitskouiing. Dit is dan wanneer ons strategies gedrewe meer Afrikaners in die buiteland ontplooi moet he sodat die Afrikaner die Suid Afrikaner kan voorsien van voedsel, drinkwater, medikasie, duur goedere ens waarvoor die Suid Afrikaners uit die aard van die saak voor sal moet betaal en net dalk ruil hulle die land se grond ook vir voedsel!

Charles ·

Baie raak opvattings dankie Jerry- vir een maal adem ek wat jy se!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.