Akademia – waarom bou ons?

Argieffoto.

Argieffoto.

[promosie-artikel]

Goeie onderrig is myns insiens een van die boublokke van ’n beter toekoms. Die afgelope week was hierdie boublok weer in die kollig met ’n uitspraak van die konstitusionele hof oor die Gautengse onderwysdepartement se toelatingsregulasies vir openbare skole, asook die Wysigingswetsontwerp oor Hoër Onderwys wat vandeesweek in die parlement ingestem is nou na die Nasionale Raad van Provinsies verwys is.

Soos wat ek die media dophou en mense se kommentaar op sosiale media lees, wil ek die indruk kry dat hierdie twee gebeurtenisse mense laat twyfel aan die doeltreffendheid van hierdie boublok. Die mense se taal druk paniek en vrees uit; hul stemtoon spreek van angs; daar heers ’n amperse wanhopigheid in hul woordkeuse. Weg van die mediaberigte en sosiale media se gegons, wonder ek in die stilligheid wat die oorsaak is van hierdie paniekerigheid, vrees, angs en wanhopigheid? Die gedagte dat daar groot onsekerheid is, kom by my op. Dalk is dit onsekerheid oor die gehalte van hierdie boublok. Dalk is daar onsekerheid en vrae oor die voortbestaan van hierdie onderrig-boublok. Dan is daar die teenvraag: Hoe skep ons sekerheid? Hoe verseker ons gehalte van hierdie onderrig-boublok? Hoe verseker ons die voortbestaan daarvan? My antwoord is – ons bou dit!

Ons bou dit deur middel van ’n privaat hoëronderwysinstelling vir die gemeenskap uit die gemeenskap, vir die gemeenskap. Ons bou dit deur gehalte-onderrig te bied aan werkendes wat wil studeer. Ons bou dit deur  moedertaalonderrig – Afrikaanse moedertaal. Ons bou dit op Christelike waardes. Ons bou dit deur ervaringe te deel binne ’n studentegemeenskap. Ons bou dit deur te leer om denkend te lees, skryf, praat, dink, redeneer en interpreteer. Ons bou dit deur verantwoordelikheid te neem. Ons bou dit deur hoëtegnologiefasiliteite. Ons bou dit deur die verwerwing van kwalifikasies wat iets gaan beteken omdat die student ‘n betekenisvolle werk kan kry en ’n eie toekoms daarmee kan bou?.  Ons bou deurdat ons op die skouers van reuse staan. Ons bou omdat die gemeenskap dit moontlik maak. Ons bou in dankbaarheid. Ons bou deurdat ons ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms in Suid-Afrika skep. Ons bou Akademia!

Raak betrokke, skryf in, bou saam!

Artikel geskryf deur Elzette le Roux (Akademia se Programbestuurder: BCom Ekonomie en Regte)

Besoek die webblad om Akademia se toekomsplanne te sien.

Om uit te vind waar jy kan betrokke raak om Akademia uit te bou, SMS die woord ONSBOU na 34802

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.