Alfred – ‘Die lewe is te kort om oor nietighede bekommerd te wees.’

Alfred Purchase

Alfred Purchase

Alfred Purchase, van Hoërskool Monument, is verheug oor sy puik matriekuitslae. Hierdie slimkop van Helderkruin het agt onderskeidings behaal vir Afikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, besigheidstudies, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en rekeningkunde.

Sy pa Alfred, na wie hy vernoem is, is ‘n bakkerybestuurder en sy ma, Maria, was ʼn onderwyseres. Hy het ook ʼn jonger broer, Luan, wat verlede jaar in graad 8 was. Hy gaan ʼn gedeelte van sy vakansie op Natalia deurbring. Alfred wag nog vir mediese keuring en sal graag op Tukkies of Kovsies wil studeer.  Hy het reeds Bsc-keuring by verskeie universiteite.

Alfred is lief vir swem, fliek en lees.  Hy doen graag navorsing op die internet oor nuwe, interessante onderwerpe. Hy het vir sy skool geswem en was swemkaptein in graad 11. Hy het ook deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Vlak 3 nasionale kompetisie. Verder het hy gekwalifiseer en Gauteng verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugkampioenskap.

Sy lewensfilosofie is om elke dag die beste van jou lewe te maak en om nie toe te laat dat ander mense jou terughou nie.  Hy sê sy goeie uitslae is te danke aan goeie onderwysers, ondersteuning en harde werk. Hy sê sy ouers inspireer hom. “Hulle het my geleer as mens jou vertroue in Jesus sit, is enigiets moontlik. Hulle het my ook geleer as jy in jouself glo, jy almal wat nie in jou glo nie, verkeerd kan bewys deur dit te doen wat hulle gedink het jy nie kan doen nie.”

Hy beskou sy vermoë om om te gee as sy beste eienskap, saam met die feit dat hy altyd bereid is om ander te help. Hy erken ook hy het dikwels ʼn kort humeur. Hy sê: “ek is ʼn hardwerkende, toegewyde jong man. Ek geniet dit om saam met familie en vriende te kuier.”

Ek wil met alles wat ek doen, die Here se naam eer.

Lees berigte oor ander toppresteerders hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.