Alles wat jy wil weet oor Afrika-voëllewe op een plek

Kaapse Malgas (Foto: Nydegger René / Pixabay)

Voëlliefhebbers kan hulle vere regskud want Afrika se grootste voëlverwante geleentheid vind hierdie naweek plaas.

Vanjaar se African Bird Fair spog met ʼn propvol program wat praatjies, werksessies, uitstallings en ʼn veiling insluit  en vind reeds vandag en môre (22 en 23 Julie) plaas. Die skou word deur die nieregeringsorganisasie BirdLife South Africa aangebied wat hom beywer vir die bewaring van voëls.

Die hoofsprekers is Jonathan Franzen, wêreldbekende skrywer en voëlliefhebber, en dr. Samuel Temidayo Osinubi , ʼn ekoloog wat reg oor die wêreld reis om meer van ons geveerde vriende te leer. Dit is boonop ʼn geleentheid vir voëlliefhebbers van heinde en verre om stories en inligting uit te ruil.

Daar is werksessies wat die kollig plaas op Suid-Afrikaanse voëls in grasvlaktes, die Bosveld en in jou eie tuin. Van die ander aanbiedings bespreek bromvoëls in Afrika, voëlkyk in Mosambiek, mossies in die stad en die stand van Suid-Afrikaanse voëls.

African Bird Fair kan in persoon in Johannesburg óf virtueel bygewoon word. Die meeste aanbiedings op die skou is gratis, terwyl ʼn spesiale pakket vir bywoning van al die hoofsprekers se praatjies en werksessies aangebied word.

Belangstellendes kan by Birdlife.org.za registreer en die program vir die twee dae vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.