Amerika wink ná SA-leerlinge Robofest wen

Die Absent-Minded span saam met hulle wen-robot.

Die Absent-Minded span saam met hulle wen-robot. Foto: Verskaf.

Die Absent-Minded-groep, ʼn span van vyf leerlinge aan die Helpmekaar Kollege in Johannesburg, neem volgende maand deel aan die Robofest-wêreldkampioenskap by die Lawrence Technological-universiteit in Michigan, VSA.

Dié groep het verlede jaar op 14 Maart onder leiding van mnr. Sean Barber die Suid-Afrikaanse Robofest-kampioenskap by die Noordwes-Universiteit se Van der Bijlpark-kampus gewen. Die hele span is tussen die ouderdomme van 15 en 17.

Robotix is volgens Thalita Burger, ’n spanlid, ʼn sport wat behels dat die deelnemers ʼn lego-robot moet bou wat verskeie funksies kan verrig en ʼn “behoefte in die gemeenskap bevredig”. Koerante verwys skertsenderwys na die kampioenskap as die ‘nerd olympics’.

Volgens haar is die span “hard aan die werk” om te verseker dat die robot op dieselfde standaard is as sy internasionale mededingers.

Die robot waarmee hulleverlede jaar die kampioenskap gewen het, het onder meer gehelp om ʼn individu se dubbelhandigheid en hand-oog koördinasie te verbeter.

Die robot word deur middel van ʼn afstandbeheermeganisme beheer. Hy tel ʼn mandjie op en gaan sit dit aan die ander kant van ʼn raamwerk neer. Die proses word herhaal en die deelnemer se tyd word aangeteken. Die hele proses word dan herhaal, maar met die kontroleerder se nie-dominante hand. Die tye kan dan vergelyk word.

Die naam Absent-Minded is ʼn woordspeling op die afkorting ‘ABS’ (antilock braking system). Die span het besluit om nié onder hulle skool se naam deel te neem nie om sodoende onbevooroordeelde beoordeling te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

ABS staan vir “anti-lock braking system” en nie “breaking” nie.

“Braking” verwys daarna om te rem. Breaking verwys daarna om iets te breek. Dis nogal ‘n belangrike verskil…

Sune van Heerden ·

Dankie Paul, ons bring die wysiging aan en gee jou kommentaar deur aan die teksversorgers.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.