Analitiese denke Mericia se beste kwaliteit

MerciaMericia Els van Hoërskool Waterkloof in Pretoria spog met agt onderskeidings – in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, Frans, fisiese wetenskappe en besigheidstudies.

Sy beplan om vanjaar te begin met BCom rekeningkundige wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria. Haar eie onderneming eendag is haar oogmerk.

Mericia het verskeie leierskapposisies in matriek beklee, insluitende hoofmeisie van haar skool asook sekretaris van die junior stadsraad. Sy het deelgeneem aan debat en was ʼn ATKV-redenaar en is ook benoem as “Klofie van die jaar”.

Mericia skryf haar akademiese sukses toe aan harde werk en genade. “Ek weet ek is geheel en al afhanklik van Jesus se genade en liefde,” sê sy.

Sy geniet dit om te draf, te lees en om tyd deur te bring met haar vriende. Sy sê dat haar beste kwaliteit haar analitiese denkwyse is:

“Ek glo dat ware sukses gaan oor die waarde van die leerproses.”

Mericia beskryf haarself as iemand wat altyd probeer om goedgesind te wees teenoor ander en om ook die beste in alle mense raak te sien. “Ek hou daarvan om met mense te redeneer en kan glad nie onregverdigheid verdra nie.”

Mericia se resep vir sukses:“Doen dit en doen dit nou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.