Andrea glo in harde werk en balans

Andrea laai“Werk hard, speel hard en hou die lewe eenvoudig.”

So sê Andrea Devenish van Hoërskool Merensky in Tzaneen wat spog met agt onderskeidings in die 2015-matriekeksamen.

Andrea het sukses behaal in Engels, Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, inligtingstegnologie en rekenaartoepassingstegnologie. Sy beplan om vanjaar industriële ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch te gaan studeer. Deurlopende harde werk, volharding en die genade van God is, volgens haar, die redes vir haar sukses.

Andrea geniet dit om in haar vrye tyd te lees en tyd met haar familie deur te bring, en geniet ook enige sport of aktiwiteit wat sy in die buitelug kan doen. Sy het op skool vir twee opeenvolgende jare die eerste hokkiespan gehaal en het ook goud behaal in ʼn spesiale skooltoekenning genaamd die “President’s Award”.

Sy het verskeie invloede en rolmodelle in haar lewe, vertel Andrea. “Ek het nie net een rolmodel nie, omdat ek verskillende karaktereienskappe van verskillende mense bewonder.”

Andrea beskou haarself as iemand wat weet wanneer sy moet werk, maar verstaan steeds die belangrikheid van ʼn gebalanseerde lewe.

“Ek werk hard indien nodig, maar glo ook dat dit belangrik is om pret te hê in my vrye tyd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.