App vir Afrikaanse onderwysers beskikbaar

slimfoon-in-die-hand-kuberbedel

Foto: Kaboompics.com

Inligting, kennis en raad vir onderwysers is nou net sover as wat jou hand van ʼn slimfoon is.

Arend, ʼn Afrikaanse onderwysersnetwerk, is vroeër hierdie maand as app beskikbaar gestel. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het geld beskikbaar gestel vir die ontwerp en ontwikkeling van die app, terwyl die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) die gebruik van Arend vir informele leer as ʼn soort professionele ontwikkelingsaktiwiteit akkrediteer.

“Ons wou aanvanklik met die netwerk ʼn georganiseerde leeromgewing bied waar onderwysers, beginneronderwysers en onderwysstudente saam kan leer om hul werk beter te doen terwyl hulle ook professionele ontwikkelingspunte verdien,” het dr. Christa van Staden, eienaar van Arend gesê.

Arend bring afgesonderde onderwysers en vakkundiges op een plek byeen. Dit is veral bruikbaar omdat tyd en geografiese versperrings oorbrug kan word om toegang te verkry tot inligting, kennis, raad, ervaring, ondersteuning, leiding en tasbare bronne. Verder is die netwerk se app net so gebruikersvriendelik soos Facebook, maar kan ook maklik dokumente video’s, foto’s en joernaalinskrywings organiseer.

Groepe kan vir onderwysers geskep word om die vestiging van professionele leergemeenskappe te ondersteun. Onderwysers word ook geleer om die Saro-stelsel reg te gebruik om deelname aan 27 soorte professionele ontwikkelingsaktiwiteite in te lees.

Alle onderwysers, onderwysstudente en -dosente word genooi om by Arend aan te sluit. ʼn Registrasiefooi van word R50 gehef om oorhoofse kostes te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Afrikaanse Knaap ·

Ander Afrikaanse bronne praat van ‘n “toep” en nie ‘n “app” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.