Aros spog met grootste eerstejaarsgroep nóg

(Foto: Green Chameleon: Unsplash)

Die Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) het vanjaar ʼn rekordgetal eerstejaars verwelkom.

Dié private hoëronderwysinstelling vir onderwyskwalifikasies het vanjaar 834 eerstejaars wat by hulle aansluit en die eerstejaarsgetalle groei jaarliks.

Aros is besonder trots op die instelling se Christelike waardes. “By Aros word studente begelei om die onderwysberoep ten eerste as ʼn roeping van die Here te aanvaar en te betree.”

Die wêreldpandemie het ook nie die instelling laat wegskram van wêreldgehalte onderrig aan studente nie.

“Aros se modus van aflewering is in die laaste twee jaar aangepas. Tans kan kurrikulums as afstandsonderrig aangebied word, wat geskied met bykomende ondersteuning aan studente in die vorm van direkte kontaksessies en/of interaktiewe aanlyn sessies, werkswinkels of ekstra klasse.

“Ons is trots en dankbaar om te kan sê dat ons elke jaar onder die Here se seën van krag tot krag gaan.”

Prof. Rikus Fick, rektor van Aros, het voornemende studente uitgenooi om ook by die instelling aan te sluit. “Ons wil graag voornemende studente wat dit as roeping beskou om ʼn onderwyser te word en by ʼn instelling wil studeer waar die onderrig op ʼn Christelik-reformatoriese grondslag geskied, verwelkom en uitnooi om aansoek te doen by Aros.”

Vir meer inligting oor Aros en die onderwyskwalifikasies waarvoor studente hier kan studeer, besoek die webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.