Aros verwelkom meer as 1 000 onderwysstudente in 2018

aros-opening-2018

Meer as 430 nuwe eerstejaars is vroeër hierdie week tydens Aros se amptelike akademiese opening verwelkom. Foto: Verskaf.

Met meer as 430 nuwe eerstejaars wat vroeër hierdie maand verwelkom is tydens Aros se amptelike akademiese opening, het die getal studente wat in 2018 aan hierdie unieke private Christelike hoëronderwysinstelling studeer tot meer as ʼn 1 100 gestyg.

Studente is verspreid oor die twee vierjaar-graadkwalifikasies, B Ed Intermediêre Fase, en B Ed Grondslagfase, asook ʼn een driejaar-diploma-kwalifikasie wat Aros steeds aanbied – die Diploma in Graad R-onderwys.

Aros, wat sedert 2012 geregistreerd en geakkrediteerd is by onderskeidelik die departement van hoër onderwys en opleiding en die raad op hoër onderwys, spog hierdie jaar met meer as 290 graduandi wat reeds in skole reg oor Suid-Afrika, asook die buiteland, werk.

Volgens Niclaas Roets, uitvoerende hoof van Aros, bied Aros deur sy visie ʼn vars en innoverende kwaliteit oplossing in ʼn tydperk waar swak akademiese prestasie in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel toegeskryf word aan onder meer ʼn tekort aan goed gekwalifiseerde onderwysers en gebrekkige programme.

“Aros se visie is juis om as Christelike hoëronderwysinstelling van uitnemendheid vakkundige graduandi te bied wat ʼn verskil in hul plaaslike en internasionale samelewing kan maak. Die hoë indiensnemingsyfer van, en positiewe terugvoer oor Aros-graduandi vanuit prominente Afrikaanse, maar ook Engelse skole, kleuterskole en ander onderriginstansies, word jaarliks deur navorsing ontleed en bevestig dat Aros se fokus in die kol is,” sê Roets.

Aros se kampus is geleë in Waverley, Pretoria, en studente word deur ʼn unieke gemengde klas en deeltydse onderrig-en-leer-model die geleentheid gegee om deur die week as assistente in skole hul praktiese ondervinding op te doen, terwyl hul op Vrydagmiddae of Saterdae klas draf.

  • Aros se aansoeke vir 2019 studies open op 1 April 2018. Die eerste opedag vind plaas op 21 April 2018 en besprekings kan op Aros se webwerf gemaak word by aros.ac.za. Enige verdere navrae rakende studies kan gedoen word by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JC ·

My magtig, maar dis goeie nuus!
Mag die Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies van krag tot krag gaan!
Nog ‘n pluimpie vir Afrikaans en Christenskap!
Halleluja!

Gwen ·

Dankie JC, jy neem die woorde uit my mond. Ek stem heelhartig met jou saam.

Bettie Slabbert ·

Asb begin sommer ook verpleegster op te lei. Groot te kort aan kundigheid in daardie gebied dwars oor Suid-Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.