Australiërs wil seerommel verwyder met Seabin

Andrew Turton en Pete Ceglinski met die Seabin. Foto: Facebook via The Seabin Project

Andrew Turton en Pete Ceglinski met die Seabin. Foto: Facebook via The Seabin Project

Twee Australiese branderplankryers het ʼn patent ontwerp wat poog om rommel uit hawens, en uiteindelik die see, te verwyder.

Die Australiërs, Andrew Turton en Pete Ceglinski, het dié patent, wat die Seabin genoem word, ontwerp omdat hulle ʼn toename in rommel op strande en in die see gesien het.

“Daar is ongeveer 9 miljoen ton plastiekrommel en meer as 2 400 miljoen liter olie in die see. Enigiets wat ’n mens op die strande los, het ʼn goeie kans om in die see te beland,” het Turton in ʼn video aan Huffington Post verduidelik.

Die vervaardigers sê die Seabin is ʼn volhoubare en kreatiewe idee om die see skoon te maak, omdat die rommel versamel in hawens en naby kuslyne. “Die Seabin suig die vuilgoed met ʼn pomp in ʼn gaassak in sodat die water weer kan ontsnap. In die proses vang dit alle vuilgoed en olies op,” het Ceglinski verduidelik.

Die kreatiewe ontwerp sal werkers vervang wat daagliks in die hawens en op die strande die rommel moet verwyder. Die sak van die masjien moet egter twee keer per dag vervang word, na gelang van die hoeveelheid rommel.

Hulle wil ook met die Seabin ʼn afname in die sterftes van seediere teweegbring. “Ongeveer 1 000 000 seevoëls en 100 000 mariene soogdiere gaan jaarliks dood weens rommel in die see. Elke klein bietjie rommel wat ons uit die see verwyder, is ʼn stap nader aan ʼn gesonde mariene lewe,” het hulle verduidelik.

Kyk hoe die Seabin werk in die video hier onder.

https://youtu.be/s3tjOEtoArg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Xanthus ·

Wel gedaan !! Baie Dankie aan Andrew en Pete julle doen almal n groot guns .

Stuart ·

Laat die Aussies ons nou leer! Ek hoop van harte die Seabin word aangekoop. Mense wat strande skoonmaak bestaan nie hier nie, of ja, dalk is hul gelys as werkers by die munisipaliteite maar iemand anders kry die salaris, want skoon strande is min te siene hierlangs

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.