Baba Mia: ‘Help asseblief hierdie engeltjie’

Baba Mia (Foto: Facebook)

Hoewel dit onder omstandighede goed gaan met die maand oue baba Mia van Polokwane, is baie fondse nog nodig om haar versorging, verblyf en operasie in die private hospitaal te verseker.

Die Child Medi-organisasie het vroeër vandeesweek in ʼn verklaring gesê Mia is steeds siek, maar nou stabiel sedert sy na die Mediclinic-hospitaal in Polokwane oorgeplaas is.

Intussen het weldoeners van reg oor die land meer as R100 000 geskenk sodat ʼn deposito aan die hospitaal betaal kon word om Mia se oorplasing te verseker.

Drie skenkers van JacarandaFM se gewilde Good Morning Angels-inisiatief, onder wie die kettingwinkel Spar en Francois van Coke, het vandeesweek ook ʼn somtotaal van R65 000 geskenk om haar verblyf in die hospitaal vir ʼn tyd te verleng.

Amor Schoeman, woordvoerder van die Child Medi-organisasie, sê egter die fondse is nog nie genoeg om Mia in die hospitaal te hou nie. Sy moet ook steeds ʼn operasie op haar been ondergaan.

“Alle fondse wat tot dusver ingesamel is, kan Mia nie in die hospitaal hou totdat sy ten volle gegroei en sterk genoeg is om ontslaan te word nie,” sê Schoeman. “Ons doen ʼn beroep op elkeen wat nog nie ʼn bydrae gemaak het nie, om dit asseblief te doen. Help asseblief hierdie klein engeltjie.”

Mia (Foto: Facebook)

Maroela Media het vroeër berig Mia se ma, wat anoniem wil bly, het in ʼn brief aan die organisasie geskryf sy is erg getraumatiseerd nadat sy op 7 Mei in vroeë kraam gegaan het. Volgens haar brief moes sy verskeie ure op ʼn houtbankie sit en wag en is sy verskeie kere deur hospitaalpersoneel gekoggel. Haar baba, klein Mia, is toe later in die wagkamer gebore en sy moes na bewering haar eie baba vang.

Die ma het ook gesê sy het in daardie stadium saam met 34 ander vroue in ʼn vertrek sonder lopende water in die hospitaal gewoon.

ʼn Trust is geopen vir diegene wat bydraes wil maak. Klik hier vir meer besonderhede oor die trust.

Besoek die Child Medi-organisasie se Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wonder net ·

Ek besef daar is baie ander kinders,babas,en grootmense wat ook hulp nodig het..maar kan een van die dokters wat help om Mia gesond te kry of op haar gaan opereer nie aanbied om dit gratis te doen of help om die kostes te dek nie. Ek dare jou..aan enige dokter..om aan te bied om gratis werk of n bydrae te maak vir Mia..Wys dat daar nog dokters is wat regtig n passie het en empatie en simpatie het vir diegene wat hulle mediese hulp benodig en dat hulle nie net dokters is omdat die salaris groot is nie. EK DARE JOU DOKTER..help n bietjie.

Jean ·

SONDER LOPENDE WATER?? JA hierdie kind moet gered word maar WAT van die ander? Hoekom word die probleem oor die WATER by die hospitaal nie aangespreek nie? Hoeveel kinders en ma’s moet nog swaarkry agv GEBREK aan instandhouding en verskaffing van NOODSAAKLIKE dienste by ‘n HOSPITAAL? Waar is die famous ANC Minister van GESONDHEID nou? Hoekom is hierdie hospitale in sulke haglike toestande en julle bly verskonings maak en die pasiente SLEG MAAK?? Doen vir ‘n slag iets en RED DIE HOSPITALE sodat die pasiente ‘n KANS op lewe het!! SIES MAN!

BOLANDER ·

Jean, die sogenaamde president en sy trawante is so besig om die staat leeg te steel, dat sulke behoeftes glad nie op die lys is nie.!!!!!! Dit is baie hartseer!!!!!!!!!!!!!!!!!

Susan ·

Ek het iewers gelees klein Mia het maar 900gram geweeg met geboorte. Sy is ‘n klein vegtertjie en Liewe Jesus waak oor haar. Hierdie ouma wil saam baie weet hoeveel sy nou weeg, want sy moet nie net in ‘n wêreld gebore word waar daar net negatiewe dinge oor die staatshospitaal gegee word en almal vergeet om te vra hoe goed sy vorder nie, hoeveel sy al binneaars gevoed word ens. Sy verdien beter en dank Jesus dat sy onder swaar omstandighede vir baie van ons ‘n bewys is van HOE GROOT GOD is. Hierdie ouma weet hoe bitter moeilik dit vir die mamma en pappa moet wees, maar klein Mia is ‘n wonderwerkie en ons bid saam met so baie ander, dat sy die beste mediese sorg ooit sal ontvang en al die geld ingesamel sal word. xxx

Vinkie ·

Susan ek het op n ander berig gistraand gelees sy weeg nou 1.1 kg. Sy vorder goed sy is n regte klein vegtertjie.

chrissie ·

Ek hoop die mamma dagvaar die hospitaal wat dit aan haar en die baba gedoen het

Elzette Claase ·

Liefste mamma van Mia

My engelkind is gebore op 26weekies,slegs 675gr geweeg. Ek weet presies how getraumatiseer jy is. My geloof het my staande gehou. Skuil by Jesus se voete, HY sal jou nooit verlaat

Stella ·

Daai luigatte wat veantwoordelik is vir Mia en haar ma se ellende behoort hulle salarisse te skenk vir mediese onkoste,hulle wat hulself bereid verklaar het om mense in nood te help volgens mediese eed wat afgele word deur verpleegsters en dokters.

Amelda ·

Hulle voel vere vir die mense hulle is net daar om ‘n salaris te verdien vir niks doen in elk gaval

Annatjie Kruger ·

Nou wonder ek, hoekom kan die hospitaal nie ook van hulle tariewe minder maak? Die mense ‘n afslag gee nie?

Tarryn fourie ·

Hulle het R50 000 afslag gegee. Dit was R150 000 gewees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.