Babatjie by vulstasie gebore

Kyle Pottow en Chandre Pretorius. Foto: Verskaf

Twee paramedici van Netcare 911, wat nie aan diens was nie, het Dinsdagoggend ʼn vrou bygestaan wat by ʼn vulstasie tussen Pretoria en Krugersdorp geboorte gegee het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die paramedici, Chandre Pretorius and Kyle Pottow, het ná hul aandskof koffie by die vulstasie langs die N14-snelweg gedrink toe ʼn bakkie omstreeks 07:00 daar stilgehou het.

“Die vulstasie is ʼn bekende wagplek vir ambulanse van Krugersdorp se nooddienste. Die man wat die bakkie bestuur het, het dit goedgedink om ʼn ambulans daar te gaan soek. Hy was met ʼn man en dié se swanger vrou op pad na ʼn hospitaal toe die vrou skielik in kraam gegaan het,” het Dollman gesê.

Pretorius en Pottow was nie met ʼn ambulans daar nie. Hulle het egter na die ma en haar pasgebore babaseun omgesien. “Daar was geringe komplikasies en hulle het bystand van hul kollegas ontbied. Hulle het ook ʼn kraampak nodig gehad waarin steriele toerusting is wat nodig was om die baba se naelstring vas te klem.”

Die ma, in haar 30’s, en die seun is in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem, kort nadat ʼn ambulans daar opgedaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lizanda ·

Mooi so, wat sou ons sonder julle doen, wonderlike werk wat julle verrig.

Oumie ·

Die lewe is nie vir almal ewe maklik nie. Kosbaar dat dié twee bekwame manne op die regte tyd op die regte plek geplant is om hul spesiale taak uit te voer. Groot is die Heer se genade oor daardie mamma en kindjie… Puik manne!

Cheryl ·

Ja nee kyk Linette…jy het die Kat aan die stert beet girl want as daai baba besluit dis nou tyd, is dit tyd daai baba wag nie tot jy eers jou goedjies reg het nie as hy kom, Kom hy….ek het 2 kinders en nie een van die 2 is naastenby dieselfde gebore nie… Tensy jy Keiser het…. Ja dan is dit moontlik dat jy weet wane ens… Maar OK nie altyd nie…. Wel gedaan paramedics jul is awesome!!!

Suzette ·

@Linette; Poppie jy droom my skat. My eerste n volle dag. My tweede twee dae en die derde een wat ‘n verassing. Van begin tot geboorte 30 minute. Gelukkig het ons net by die hospitaal gebly. Dr was verbaas tot hy was laat vir die haasitige mannetjie. Nee wat mens koppel nie tyd daaraan nie. Met n keiser ja maar normaal kan jou suprise hoor.

Linette ·

Suzette: eerstens, ek is nie jou Poppie nie en tweedens, hoeveel babas het jý al gevang? Ek het al ‘n hele paar gevang tydens my opleiding as GV. Ek self was ‘n haastige baba – na my broer gebore was (3½ dae in kraam) – het ek net so 15 minute gevat. Snaaks, dat die meeste “ambulans-babas” wat ons gekry het, in my tyd, aan ‘n sekere rasgroep vrouens van die gemeenskap behoort het. Die ander vroue se bed was bespreek, die dokter op bystand – en dit was nie noodwendig net vir keisersneë nie (wat daai tyd nie soos vandag, die norm is nie. Destyds was ‘n keisersnee ‘n ding wat gedoen is wanneer die baba fetale nood ontwikkel of die geboorte baie lank neem, met min of geen vooruitsig op normale kraam nie).

Suzette ·

Wel gedaan Chandre en Kyle gelukkig was julle daar en kon help!!!!!!!!!!

JR ·

Ja dis waar wat sal ons sonder hulle doen. My Swaer is in 2000 vermoor langs die M17 en Maroela pad toe hy ook iemand gehelp kraam het in die ambulans hy was n brandweerman en was aandiens toe hy en sy medewerk vermoor is.

Helen ·

Welgedaan Chandre en Kyle… Trots op julle. Baie geluk aan die moeder met haar baba!

Ina ·

Wel gedaan – julle 2 manne kan trots wees! Maar waar is die foto van die bly ma?

Ellie ·

Ja nee, my ou moeder het altyd gesê dit is een tyd in jou lewe WANNEER JY NIE KAN KNYP nie.

CAROL ·

Strooi – gun ander mense ook n bietjie sonskyn in hul lewens ok!!! Baie geluk aan die ouers. En nice job done aan die paramedics!!! En baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.