Bakkies Botha onthou sy eerste skooldag

bakkies-botha

Foto: Verskaf

Die eerste skooldag kan baie intimiderend vir nuwe leerlinge wees, maar vir die 145 graad eens van Laerskool Simon Bekker in Pretoria, was daar baie opwinding. Solidariteit Helpende Hand het saam met die bekende rugbyspeler, Bakkies Botha, skooltassies gaan uitdeel aan behoeftige leerders. Botha het ook van die geleentheid gebruik gemaak om toekomstige rugbyspelers te identifiseer deur ’n lynstaan met die nuwe leerlinge te oefen.

Helpende Hand se Andeon-tak is al lank by Laerskool Simon Bekker betrokke en het speelgoed ingesamel sodat elke graadeentjie ʼn speelding op hul eerste dag gekry het. Die tak was baie bly toe Botha daar opdaag om te help om tassies aan die graadeens uit te deel.

“Ek kan tot vandag toe nog my eerste dag van skool onthou. Ek het ’n gróót tas op my rug gedra en ek wou nie regtig gegaan het nie,” het Botha vertel. “Om vanoggend deel te wees van hierdie geleentheid is ongelooflik. Om die kindertjies se opwinding (en onsekerheid) te ervaar, het my teruggeneem na my eie skooldae. Dit het my hart ook bly gemaak om skryfbehoeftes aan die graadeentjies wat dit nie kan bekostig nie, te oorhandig, want dit is belangrik dat kinders nie moet sukkel om daarsonder oor die weg te kom nie. Op dié manier kan ons ’n verskil maak in die kinders se toekoms.”

Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, glo die organisasie armoede kan die hoof gebied word deur in opleiding te belê en dit begin reeds met die gevoel van hoop wat by graad eens geskep word wanneer hulle die nodige skoolgoedjies kry.

“Júlle is die bank waarin ons ons geld belê,” het dr. Brink aan die leerders gesê. “Ons rente is jul suksesvolle toekoms as dokters, onderwysers en rugbyspelers.”

Die Skooltassieprojek is nou in sy tiende jaar en het al bykans 27 000 kinders gehelp deur ’n skooltassie met die nodigste skoolbehoeftes aan hulle te verskaf. Vanjaar word 4 762 skooltassies aan behoeftige kinders oor die land heen uitgedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

humor ·

Ek weet nie hoe Bakkies sy eerste skooldag beleef het nie, maar sy dogtertjie lyk beslis nie baie ingenome met dit wat hier gebeur het nie.

joe ·

Hi humor.
Hulle is by Simon Bekker skool gewees. Dis nie Bakkies se dogtertjie nie. Dis een van die leerlinge.

Mopanie ·

Ons dank en wardering aan almal wat die projek moontlik maak.
PS: Joe, ek dink nie Bakkies gee om dat so n mooie poppie vir n rukkie syne genome word nie.

charmaine ·

En so sal ons aanhou gee en gee maar nog steeds word ons gesien as die vyand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.