Bang vir vlieg? Oorkom jou vrese só

Argieffoto: cyberairlines.net

Die vrees vir vlieg is ʼn algemene beproewing, selfs vir mense wat gereeld per vliegtuig reis. Sommige mense se vrees spruit uit ʼn vorige slegte ondervinding, soos ʼn onstuimige vlug in die passasier se kinderjare, of dit is ʼn vrees wat bloot ontstaan het.

Daar is nie ʼn vinnige oplossing of geneesmiddel vir enige soort fobie nie, maar op Wêreldgeestesgesondheidsdag maak Luane Lavery, kommunikasiebeampte vir Kulula.com en British Airways, ʼn paar voorstelle wat kan help om die vrees vir vlieg te oorkom.

Wees bewus van die logika: Dit is noemenswaardig dat kommersiële vlugte baie veilig is. Volgens statistieke is dit veiliger as om byvoorbeeld met ʼn motor te reis. Om te aanvaar dat die vrees eg is, selfs al is dit nie rasioneel nie, kan die eerste stap wees om die vrees te oorkom.

Vind ʼn doel: Voordat jy die vliegtuig betree, fokus op iets waarna jy uitsien wanneer jy land. Dalk is dit om ʼn geliefde te sien of ʼn ete by jou gunstelingrestaurant. Dit help jou om daarop te fokus om die vlug te agter die rug te kry en te geniet wat aan die ander kant wag.

Vertel vir iemand: Die vlugassistente is daar vir jou veiligheid en gemak, so moenie selfbewus voel om vir hulle te sê dat jy senuweeagtig is nie.

Weet wat jou vrees aanwakker: Herken wat jou angstigheid aanwakker, hetsy die geraas van die vliegtuig se enjin wat aangaan of die vliegtuig se deure wat toegaan.

Bederf jouself: ʼn Nuwe boek, ʼn speellys van jou gunstelingliedjies of ʼn televisiereeks wat jy kan kyk op een van jou elektroniese toestelle sal help om jou te vermaak op die vlug en jou aandag van die vlug af te trek.

Vertrou die tegnologie: Moderne vliegtuie is so goed ontwerp dat selfs die heel slegste turbulensie nie die vliegtuie sal beskadig nie. Solank jy die veiligheidsmaatreëls volg en jou in jou sitplek vasgegordel hou, sal jy veilig by jou bestemming aankom.

Eksperimenteer: Sommige senuweeagtige passasiers vind dit help om hul aandag af te lei deur te skryf met hul niedominante hand of om met ʼn stresbal te speel tydens die vlug.

Gesels met ʼn kundige: ʼn Professionele kundige kan jou help om maniere te vind om jou vrees te bestuur. Maak kontak met die Suid-Afrikaanse Depressie-en-Angsgroep by www.sadag.org.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JJ ·

Om vlieg veiligheid met motorveiligheid te vergelyk is apples and oranges. Sit soveel vliegtuie in die lug, dan kyk ons. Dan nie eens van hoe jy moet swot en werk om n pilot te word nie.

SjN ·

Die veiligste plek om te sit in n vliegtuig is agter in die stert, nog nooit gehoor van n vliegtuig wat in n berg reverse het nie.

PJ ·

Eks een van daai wat n absolute vrees het. Nie een vd dinge waaroor ek vrees word hier genoem nie en geen van bogenoemde vorrstelle buiten kennis van vlug sal help nie. Nie eintlik seker wat hierdie berig se doel is nie?

LJ ·

@PJ, ek voel jou, ek het ook, al vlieg ek elke maand 5-8 keer internationaal. Wat my nogals baie gehelp het, was om soveel moontlik Air Crash Invetigations te kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.