Bederf-idees vir pa vir Vadersdag

Argieffoto (Foto: freestocks-photos/Pixabay)

Hy is die staatmaker van die gesin. Die liefde van jou lewe, ʼn bobaas pa of selfs die oupa wat met stories sy lewenswysheid deel.

Dit is nie altyd maklik om vir die spesiale mans in jou lewe ʼn Vadersdag geskenk te koop nie. Maar dié jaar kan jy iets besonders gee wat hom behoorlik sal bederf. Ons het die perfekte geskenke vir die perfekte pa!

Bederf hom met ʼn spesiale geskenk vanuit Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie!

Maroela-vellies

Vellies in Die Koöperasie

Daar is min dinge wat kan kers vashou by ʼn paar egte boerevellies. Maak dit nou boonop ʼn paar egte Maroela-vellies en jy kan maar weet hy gaan ʼn spoor trap wat al sy vriende hom gaan beny.

Koop nou in Die Koöperasie vir slegs R699-00

Kampporselein

Kampporselein in Die Koöperasie

Die blikbeker en -borde is net so taai soos jou kanniedood-oupa. Ideaal vir die man wat graag die buitelewe verken of sommer net voor die televisie wil terugverlang na Bosveld-aande om die vuur.

Koop nou in Die Koöperasie vir slegs R299-00

T-hemp – My pappa is ʼn bobaasbraaier

T-hemp vir volwassenes (Koop op maroelawinkel.co.za)

Sy pappa is sy held: of dit nou met armdruk, stoei, rugby of om die braaivleisvuur is. Daar is niemand wat ʼn skaaptjoppie of ʼn stukkie boerewors kan braai soos sy pappa nie. Sy pa is baie trots op dié titel en hy is nie skaam om daarmee te spog nie.

Koop nou in Die Koöperasie vir slegs R125-00

Mag dié bederf-idees verseker dat julle vanjaar die lekkerste Vadersdag ooit geniet. Dis mos lekker, Maroela!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.