Bederf iemand spesiaal met Valentynsdaggeskenke uit ons Koöperasie

Argieffoto (Foto: Engin_Akyurt/Pixabay)

Februarie is die maand van liefde. Dit maak nie saak hoe kort of hoe lank jy al in ʼn verhouding is nie, dis mos lekker om iemand wat vir jou spesiaal is, te bederf met ʼn geskenkie! Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, het ʼn paar geskenke met die hand uitgesoek.

  • T-hemde vir hom en haar

Wat is dan nou beter as om in Afrikaans vlerk te sleep? Sê hierdie jaar “jy is myne” met die mooiste T-hemde – vir hom en haar. Koop nou.

Afrikaners is plesierig-T-hemp in Maroela se Koöperasie

  • Beursie van egte leer

Wanneer dit by die sake van die hart kom, is dit soms moeilik om vir jou man te wys hoe baie jy hom waardeer. Bederf hom hierdie Valentynsdag met iets wat hom nog jare lank sal bybly. Hierdie beursie van egte leer in sy sak sal hom daaraan herinner dat jy altyd naby hom sal wees. Koop nou.

Beursie van egte leer in Maroela se Koöperasie

  • Blikkantien-koffiestel

Wanneer woorde ontbreek oor hoeveel liefde jy vir haar het, gee vir haar die geskenk wat aanhou gee met die Koöperasie se blikkantien-koffiestel! Sê hierdie jaar “ek het jou lief” met ʼn koppie varsgemaakte boeretroos. Koop nou.

Blikkantienkoffiestel in Die Koöperasie

Vir nog geskenkidees besoek die Koöperasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.