Bederf jouself met gemaklike Maroela-plaasvellies

Velskoene in Die Koöperasie

Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, spog met ʼn splinternuwe reeks plaasvelskoene.

Die reeks is spesiaal ontwerp om net so sterk te wees as wat dit mooi genoeg is om elke dag te dra. Jy kan optof vir ʼn troue, jou beste voetjie voorsit vir jou nuwe nooi se familie of jou gemaklikste kakiebroek aantrek vir kleiduifskiet by die kerk se basaar – ʼn goeie paar vellies laat jou nooit in die steek nie!

Vrouevellies is ook niks vreemds meer nie, en talle bruide kies deesdae velskoene by haar trourok sodat sy haar eerder oor haar rammetjie-uitnek-swaer as oor haar seer voete hoef te bekommer.

Maroela-plaasvellies vir mans se sole word gemaak van herwinde motorbande wat sal verseker dat jy nooit jou sole sal deurloop nie. Die reeks vir vroue se sole is ʼn bietjie meer afgerond en word van ʼn sterk, looistof-rubber gemaak.

Klik hier om jou Maroela-plaasvellies aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.