Bederfgeskenke vir jou geliefde dié Valentynsdag

Argieffoto (Foto: MariaGodfrida/Pixabay)

ek stuur vir jou die berggansveer
mits dese wil ek vir jou sê
hoe diep my liefde vir jou lê…
~Boerneef, “Die Berggans het ʼn veer laat val”

Valentynsdag is om die draai – en die liefde is reeds in die lug! Jy hoef nie hierdie Valentynsdag ʼn berggansveer te gaan soek nie, daar is die mooiste geskenke in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, om jou liefde te bewys!

* Baardolie en boerseep met baardkammetjie

Baardolie en boerseep met baardkammetjie

Laat jou geliefde soos ʼn adonis voel met dié stelletjie baardolie, boerseep (seep met skop), en ʼn baardkammetjie. Dit is vir elke man wat ‘n slag kan slaan en ‘n bars kan kyk. ‘n Man wie se hande vir niks verkeerd staan nie en wie se hart net so groot is soos sy liefde vir sy grond.

Daar is boonop ‘n baardolie-geur vir elke man: lemoenboer, karooboer, troebadoer, bosbouer en adonis.

Koop die baard-stelletjie nou in Die Koöperasie vir slegs R160-00

* Toffies vir jou geliefde

Toffies vir jou geliefde

Bewys jou liefde met ʼn titseltjie soetigheid!
So soet soos stroop
In suiker gedoop
My hart voel sommer bly – 
Jy kan al my soene kry!

Hierdie handgemaakte tradisionele toffies is sag en smelt soos botter op die tong en is die ideale Valentynsdaggeskenk of sommer enige tyd van die jaar wanneer jy jou soettand-geliefde wil bederf!

Daar is drie geure toffies in elke glasbottel:
Maroelageur
Katjiebottergeur
Melktertgeur

Koop die liefdestoffies nou in Die Koöperasie vir slegs R75-00

* Boland-gedigte op vier boereporselein-blikbekers

As jou geliefde net so lief is vir Afrikaans soos jy, dan is hierdie stel van vier blikbekers met NP van Wyk Louw se “Vier gebede by jaargetye in die Boland” die ideale Valentynsdaggeskenk.

Die vier strofes uit die gedig, Vroegherfs, Uit hierdie ligte herfs, Winter en Eerste sneeu is elk op ʼn blikbeker van hoë gehalte wat net so mooi op tannie Hannie se geelhouttafel in die eetkamer kan pronk as om die kampvuur tydens jou volgende staptoer.

Koop die Boland-bekers nou in Die Koöperasie vir slegs R260-00

* Valentynsdag-piekniek

Die piekniek-stel wat jy in Maroela se Valentynsdag-piekniek kan wen

Skryf nou in vir Maroela se Valentynsdag-kompetisie en jy kan dalk jou geliefde met ʼn baie spesiale piekniek bederf! Vertel ons wat jou ideale aandjie uit sal wees saam met ʼn geliefde en ons bederf jou dalk met ʼn spesiale piekniekmandjie ter waarde van R1 355 wat jou geliefde se hart sommer sal vermurwe! Skryf nou in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.