Ná ʼn deurmekaar jaar vol onstuimighede en onsekerheid is dit lekker om te weet Kersfees is net om die draai. Nou is die tyd om jou en jou geliefdes te bederf – en in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, is daar iets wat elke sak sal pas!
Bekers wat rym
Bederf ‘n geliefde dié Kersfees met hierdie stel unieke bekers. Elkeen van die bekers in dié eksklusiewe stel spog met ʼn strofe uit CW Joubert se gedig, “Nuttige Reseppe”. Daar is nie ʼn enkele spelfout nie – dis presies hoe Joubert dié gedig neergepen het.
Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys vanaf: R285-00
Boereplaas-bordspeletjie met ʼn uitbreidingstel
As jou kinders regte stadsjapies is maar jy wil hulle graag meer leer van boerdery, dan is dié geskenkpak die ideale Kersgeskenk. Bederf hulle met ure se genot met die immergewilde Boereplaas-bordspeletjie en uitbreidingstel 2 teen ʼn baie spesiale afslagprys.
Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R520-00
Verskeie geskenkpakke
- Geskenkpak vir pa in Die Koöperasie
- Geskenkpak vir oupa in Die Koöperasie
Bederf jou familie dié Kersfees met ʼn unieke geskenkpak wat jy nêrens anders sal kry nie. Jy hoef nie dié jaar kop te krap oor wat om vir Kersfees te koop nie – ons het die dinkwerk sommer namens jou gedoen! Hierdie geskenkpakke is alles wat jy nodig het om vir jou familie te wys hoe lief jy hulle het.
Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys vanaf R199-00
Kampporselein
As jou mense net so lief is daarvoor om met ʼn karavaan in die Bosveld te gaan kampeer as om ʼn tent in die Drakensberge op te slaan of om sommer net ‘n piekniekkombers iewers oop te sprei, gaan hulle hierdie Kersfees dol wees oor dié stelletjie kampporselein (twee blikborde, twee blikbekers en twee eetlepels).
Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R299-00
Maroela-vellies
Of jy nou optof vir ʼn troue, jou beste voetjie voorsit vir jou nuwe nooi se familie of jou gemaklikste kakiebroek aantrek vir kleiduifskiet by die kerk se basaar – ʼn goeie paar vellies laat jou nooit in die steek nie. Bederf Pa, Ma, Ouboet of Sus dié Kersfees met ‘n paar velskoene uit Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie. (beperkte voorraad beskikbaar)
Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R699-00