Ouma se hande staan vir niks verkeerd nie: van soetkoekies bak, koeksisters vleg, lammers vang, stukkende kouse regmaak en selfs om die mooiste sakdoeke te borduur. Bederf haar dié Kersfees met die mooiste geskenke uit Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, om te wys hoe lief jy vir haar en ons taal is.
Geskenkpak vir Ouma
Dié unieke geskenkpak sal sy nêrens anders kry nie. Sy en haar vriendinne gaan lekker kuier met die geskenkpak vol boeretroos.
Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R199-00
Lekkerluister Radiodramas
Ouma het waarskynlik grootgeword in die dae voor televisie. Sepies en komedies was programme wat net op die draadloos beskikbaar was. Bederf haar dié Kersfees met ‘n tikkie nostalgie met Maroela se gewilde radiodramas.
Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys vanaf: R95-00
ʼn Spesiale T-Hemp
Is jou ouma byderwets en hups genoeg vir ‘n T-hemp? Bederf haar dié Kersfees met ‘n unieke geskenk wat wys dat jy net so lief is vir Afrikaans as vir haar.
Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys vanaf: R125-00
Boereporselein-eetstel
As Ouma nie skaam is om tafel te dek onder die sterre nie, of vir die winter dalk soos ‘n swaeltjie drie maande lank noorde toe trek vir die somer, dan is dié stelletjie blikgoed net vir haar bedoel. Bederf Ouma dié Kersfees en bewys jou liefde aan haar, ons taal en ons mooie natuur.
Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R299-00
Bekers wat rym
Bederf Ouma dié Kersfees met hierdie stel unieke bekers. Elkeen van die bekers in dié eksklusiewe stel spog met ʼn strofe uit CW Joubert se gedig, “Nuttige Reseppe”. Daar is nie ʼn enkele spelfout nie – dis presies hoe Joubert dié gedig neergepen het.
Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R285-00