Bejaarde hou strand skoon

Melkbosstrand

Renier Groenewald. Foto: Verskaf

Renier Groenewald (77), ʼn inwoner van Melkbosstrand, gaan loop elke oggend op dié bekende strand en tel gemors op. Sy dogter, Sonja Smith-Janse van Rensburg, het dié inskrywing op haar Facebook-blad geplaas:

As jy hierdie 77-jarige man op die strand sien stap, gee asseblief vir hom ‘n druk. Sy daaglikse taak begin om Melkbosstrand skoon te hou. Sy naam is Renier Groenewald en hy is my pa!

Renier is baie beskeie en verduidelik hy is nie die enigste een wat die strand help skoonhou nie. “Ek doen dit nie alleen nie – ons is ʼn groep mense wat gemors optel.”

Sover het meer as 6 000 mense al aangedui hulle hou van dié inskrywing en dit is al 2 825 keer gedeel. Verskeie mense het kommentaar gelewer oor die inisiatief wat Renier neem.

Sien…die ouer garde gee nog om vir die land van hul geboorte, want iewers diep binne-in sy hart wil hy sorg dat sy nasate ook die mooi van hul geliefde vaderland kan beleef en ervaar… Dankie, oom Renier.

Hierdie is net een storie van iemand wat wys ons kan nog elke dag ʼn verskil maak, maak nie saak waar jy bly, of hoe oud jy is nie. Dankie, Oom Renier!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eliza-beth ·

Wonderlik! Moenie hom ‘n druk gee nie, HELP hom optel alla wêreld! Jy kan beslis trots wees op jou pa, hy is ‘n voorbeeld van iemand wat onbaatsugtig omgeewerk doen!

Hannelie Worcester ·

Ek haal by hoed vir die oom af!!! Soveel jong mense van vandag wil nie eens werk nie, en die oom is bereid om op 77 jarige ouderdom nog sy deel te doen. Dankie oom Renier.

m ·

Goed om te sien daar is nog natuurliefhebbers wat die natuur respekteer. Dankie Oom, hoop die ander nasies sien dit en volg jou voorbeeld aangesien hulle so lief is om te bemors.

Estelle Haward ·

Jy behoort super trots te wees om hierdie man jou Pa te kan noem. Wonderlik.

Maria van Dieweeck ·

Dankie liewe oom. mag God u seen met goeie gesondheid en baie krag. U is werklik n inspirasie!

Naas Vermaak ·

Mooi so Oom, daai oefening gaan jou nog lank laat lekker gesond lewe…vat vge keer sommer die hele ouetehuis van Melkbos saam :)
Die gemors wat seker hoofsaaklik(80%) plastiekverwante produkte is kom natuurlik meesal van die bote af en die haweowerhede behoort ingelig te word en te help met opruimings- en voorkomingsinisiatiewe. Plastiek in die see neem tans kommerwekkende afmetings aan en die afbreek daarvan in kein stukkies word opgeneem deur sekere vorms van plankton wat weer deur visse geet word wat weer deur die mens geeet word – so, ‘n “vicious circle”.

christine ·

Naas Vermaak jys natuurlik reg meeste kom vanaf bote. As mens kyk hoeveel mense van Atlantis die strand beset sal jy trots voel op ons bruin mense. Dankie oom voel my drukkie en sommer n soen ook. Die polisie in die plek is net sulke dienbares vir hulle ook dankie en dankie ook aan Bella wat die straat mense inspan hulle vulles weeg en hulle met koepons betaal later koop hulle meel en suiker ens. daarmee al behalwe wyn en sigaretta

neelsie ·

n Ander ontstellende ding op die strand is die vislyn en vishoeke.
Onlangs probeer skoonmaak waar vissermanne visgevang het, plastiek, kartonne ,vislyn,wegneem- ete verpakkings.
Van die strandvoeltjies met vislyn om been gesien.
Het die ouens geen integriteit nie?
Dit was in KZN.
Gelukkig is alle vissermanne nie so onverantwoordelik nie.

Johien van Niekerk ·

Ek hou elke Desember in Mcdougallsbaai vakansie en gaan stap elke oggend langs die strand al vir 30 jaar en tel elke keer ‘n sak vol glasstukke en gemors op. Het al ‘n paar mense storm geloop wat bierbottels sommer net op die rotse neergooi en gedwing om elke stukkie op te tel. Hopelik doen hul dit nie weer nie. Party mense het geen opvoeding nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.