Bekende egpaar kondig swangerskap aan

Kurt Darren en sy vrou, Dunay, word weer ouers. Foto: Twitter via Kurt Darren

Kurt Darren en sy vrou, Dunay, word weer ouers. Foto: Twitter via Kurt Darren

Die gewilde Kaptein-sanger, Kurt Darren, het Woensdag op Twitter aangekondig hy en sy vrou, Dunay Nortjé, verwag hul tweede kind.

Die egpaar het aangesluit by die neiging op sosiale media om hul swangerskap op ʼn oulike manier aan te kondig.

Kurt en Dunnay het albei ʼn foto van hul dogter, Kyrah, op Twitter gedeel waar sy langs ʼn swartbord lê met die boodskap “Ek kry ʼn maatjie”.

Dieselfde plasing op Facebook het wyd reaksie uitgelok en is reeds meer as 3 000 keer “gelike”. Gelukwensings aan die sanger het van heinde en ver ingestroom.

Die twee is in 2011 getroud en Kyrah is in November 2014 gebore.

Kurt het onlangs op Facebook gesê aanhangers kan sy nuwe CD binnekort op die rakke verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gesiggie ·

Well done Kurt en Dunnay”’ hoop dat sussa n ou boetta maaitjie kan kry? Als wat mooi is vir jul?/

Ina ·

Baie geluk aan my gunsteling sanger. Mag julle net geluk en liefde ervaar vir altyd. Geniet jou swangerskap Dunay.

Hannelie ·

Baie geluk Kurt en Dunay. Mag die nuwe toevoeging tot jul gesin, jul net vreugde, liefde en geluk bring soos klein Kyrah.

Martin ·

Die storie raak my ook nie regtig nie. Ou Kurt gee maar ‘n redilike vervelige opvoering.

Loli ·

Dink nou net hoe vervelig dit sou wees as almal saamgestem het. Martin en ig, gelukkig het jul ook n keuse maar laat almal ook hul keuses kies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.