Beleef die krag van vrouwees

Argieffoto (Foto: Jill Wellington/Pixabay)

Solidariteit Helpende Hand het ’n jaar gelede sy FroueVonds* bekendgestel om meisies en vroue deur verskeie projekte en ander vroue se verhale te bemagtig. *Die naam word doelbewus verkeerd gespel om te beklemtoon dat alles nie altyd reg loop nie.

Die fonds is geskep vir meisies en jong vroue wat hulp nodig het op alle vlakke in hul lewensfase. Die fonds fokus daarop om hierdie vroue te bemagtig en te ondersteun met die nodige opleiding, kennis en produkte wat hulle mag benodig om verligting te bring in hul lewens, asook om vir hulle ’n pad te skep om uit armoede en ander situasies weg te breek. Dit is vir die FroueVonds belangrik dat hy kwessies wat vroue na aan die hart lê saam met kundiges in verskeie velde en instansies takel.

Die inisiatief poog om veral vroue wat al moed verloor het, weer hoop te gee deur vir hulle geleentheid tot oop gesprekke te bied oor kwessies soos selfvertroue en selfbeeld, mishandeling, verkragting, suksesvolle lewenskeuses, mamma wees en nog talle ander.

Die fonds het oor die afgelope jaar talle vroue se harte geraak. Met die steun van die publiek en ystervroue soos Demi Lee Moore, Minki van der Westhuizen en Laetitia Dee, om maar net ’n paar te noem, gaan dié inisiatief van krag tot krag.

Verryk jou gees met #BietjieMyTyd 

Laetitia Dee, Minki van der Westhuizen en Demi Lee Moore (Foto verskaf)

Word ’n beter weergawe van jouself. Skop jou skoene uit en sluit aan by Laetitia Dee en Minki van der Westhuizen en maak ’n bietjie tyd vir jouself. Laetitia en Minki het kragte saamgesnoer om ’n agt week lange aanlyn program te ontwikkel wat vroue in die gemak van hul huis kan voltooi.

“Ons weet uit ondervinding dat ons as vroue gewoonlik onsself laaste plaas en ons wil graag vroue uitdaag om dit te verander. Ontvang daagliks ’n e-pos met inligting oor die temas en wenke wat jou uitdaag om ’n beter weergawe van jouself te wees. Ons droom is dat elke vrou aan die einde van die program daagliks ’n bietjie tyd met haarself sal prioritiseer en dat elke vrou ook meer gemaklik sal wees in haar eie vel,” sê Laetitia en Minki.

Die program begin 1 Oktober 2020 en bestaan uit vier modules:

  1. Gesondheid
  2. Denke
  3. Self
  4. Beroep

Vroue wat sukkel om ’n balans te handhaaf tussen haar werk, gesin, self en gesondheid sal by die program baat. Dit is ook ideaal vir vroue wat weens emosionele redes eet, sukkel met negatiewe denke en wat altyd dinge oordink, dit moeilik vind om gemotiveerd te bly, sukkel met selfvertroue, graag ’n lewe wil leef wat ’n impak maak op ander en raad wil hê oor hoe om hul talente te omskep in ’n sakeonderneming.

Daar is tans 45%-afslag op die program en is beskikbaar teen R399 (die normale koste beloop R750).

Altesaam 10% van die opbrengs word aan die FroueVonds geskenk.

Registreer hier: https://bit.ly/2DfJ0ne

Lyk mooi en ondersteun werkskepping

FroueVonds-kopbande (Foto verskaf)

Die FroueVonds glo in werkskepping en opleiding. Een van die geleenthede wat ontwikkel is, is die maak van FroueVonds-kopbande. Met die vervaardiging van dié gewilde kopbande word daar ’n geleentheid in die arbeids- en modemark geskep vir behoeftige vroue om met hul talente, soos naaldwerk, ’n inkomste te genereer.

Die FroueVonds-kopbande word deur Kimono verkoop. Om ’n FroueVonds-kopband aan te koop, bestel dit by: https://www.facebook.com/leefkimono

Dit is ook by Kimono se weeklikse stalletjie by die Busstop7 Opelug Mark, buite Pretoria beskikbaar. Vir meer inligting oor die mark, besoek gerus: https://www.facebook.com/busstop7market

FroueVonds Dagbeplanner vir 2021

FroueVonds-dagbeplanner (Foto verskaf)

Die FroueVonds is opgewonde om die eerste van sy soort dagbeplanner vir 2021 bekend te stel. Die dagbeplanner word uitgegee deur Finesse Voelgoed-tydskrif Carpe Diem Media en is propvol daaglikse inspirasiestukkies uit die pen van die motiveringspreker Lynette Beer.

“Die A5-grootte dagbeplanner kombineer styl met inspirasie. Daar is oorgenoeg skryfplek vir notas, verjaarsdae, vergaderings en inkopielyste. Dit sal jou in staat stel om elke dag haarfyn te beplan en jou tyd optimaal te benut. Lynette Beer inspireer jou om te fokus op wat regtig saak maak asook om geloof deel van jou daaglikse roetine te maak,” sê Demi Lee Moore, ’n ambassadeur van die FroueVonds.

Altesaam R50 van elke dagbeplanner word teruggeploeg in die FroueVonds se studiefonds wat dit moontlik maak vir behoeftige meisies en vroue om te gaan studeer. Bestel vandag nog jou FroueVonds dagbeplanner by www.frouevonds.co.za

Só kan jy help

Ondersteun die bogenoemde inisiatiewe of verander ’n behoeftige jong meisie se lewe met Imbalie Beauty se veldtog ten bate van #HelpHetta.

#HelpHetta is deel van die FroueVonds en fokus veral daarop om vir behoeftige meisies produkte vir haar persoonlike sorg aan te koop, aangesien hul ouers dit bloot eenvoudig nie kan bekostig nie. Raak betrokke en help ons om 3 000 meisies gedurende September, Oktober en November vanjaar te ondersteun.

Besoek jou naaste Placècol-, Dream Nails- of Perfect 10-salon en borg ʼn pakkie bestaande uit noodsaaklike produkte vir persoonlike sorg vir net R80. Só ’n pak kos gewoonlik R172. Donateurs ontvang ook ’n R100-geskenkbewys vir ʼn Placècol-, Dream Nails- of Perfect 10-behandeling.

Die publiek kan ook hul ou matriekafskeid of ander glansrokke aan Helpende Hand skenk en so seker maak dat behoeftige meisies volgende jaar soos ’n feëprinses lyk met hul matriekafskeid. Die FroueVonds het vanjaar die Droomrokke-inisiatief bekendgestel en het reeds 454 rokke ontvang. Besoek https://helpendehand.co.za/droomrokke/ vir meer inligting of om ’n skenking te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.