
ʼn Groep Belgiese joernaliste wat Dinsdag in Suid-Afrika aangekom het vir ʼn sesdagtoer, het eerste ʼn besoek aan die Voortrekkermonument in Pretoria afgelê. (Foto: Verskaf)
ʼn Groep Belgiese joernaliste wat Dinsdag in Suid-Afrika aangekom het vir ʼn sesdagtoer en eerste ʼn besoek aan die Voortrekkermonument in Pretoria afgelê het, was verwonder oor die argitektuur van die gebou.
Vir dié joernaliste van VAB-Tydskrif, Het Nieuwsblad, De Zondag, Het Laatste Nieuws en Plus-Tydskrif, was dit ʼn eerste besoek aan Suid-Afrika.
Die joernaliste kon ook nie uitgepraat raak oor die toergids, Godfrey Zakhe, se kennis van die Suid-Afrikaanse geskiedenis en die geskiedenis van die Voortrekkers nie.
Ludo Hugaerts, van Plus-Tydskrif, het verskeie vrae gehad en wou onder andere weet of daar ’n persepsie is dat die monument ʼn simbool van apartheid is.
Volgens Zakhe is die monument ʼn plek waar die geskiedenis van die Voortrekkers asook ander kultuurgroepe soos die Zoeloes en Xhosas vertel word en dit is vir hom geensins ʼn simbool van apartheid nie.
Vir Nele Doom van Het Laatste Nieuws het die geskiedkundige waarde van die monument uitgestaan.
“Dit is wonderlik omdat ek vir die eerste keer so baie kon leer van die geskiedenis van Suid-Afrika. Dit is ʼn baie indrukwekkende gebou,” het Doom gesê.
Daar is ook verteenwoordigers van Glenaki-toerismeagentskap en Ethiopian Airlines wat saam met die groep toer.
Wat hulle beïndruk het, was die hartlike ontvangs wat hulle gekry het. “Die gasvryheid was wonderlik, almal is baie vriendelik,” het Brigit Defoort van Glenaki gesê.
- ʼn Groep Belgiese joernaliste wat Dinsdag in Suid-Afrika aangekom het vir ʼn sesdagtoer, het eerste ʼn besoek aan die Voortrekkermonument in Pretoria afgelê. (Foto: Verskaf)
- ʼn Groep Belgiese joernaliste wat Dinsdag in Suid-Afrika aangekom het vir ʼn sesdagtoer, het eerste ʼn besoek aan die Voortrekkermonument in Pretoria afgelê. (Foto: Verskaf)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Doe zo voort Godfrey Zakhe. Jy maak ons trots
Baie dankie aan die Voortrekker Monument, dit is altyd ‘n plesier om gaste na julle te bring. Ek wil graag almal aanmoedig om hierdie kosbare skat te besoek. En as jy in die dag al daar was, neem gerus die nag toer, jy sal verbaas wees om te sien hoe die plek lyk as die son gesak het