Beraad vir kerke: ‘Vat hande, veg saam armoede’

Hannes Noëth die besturende direkteur van Helpende Hand. Foto: Reint Dykema.

Geestelike en fisieke armoede is aan die orde van die dag en om dié rede het Solidariteit Helpende Hand besluit om die #HelpendeKerke-beraad aan te bied om daadwerklik aandag te gee aan dié kwessies.

Hannes Noëth, besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het gesê die gedagte van die kongres is om koppe bymekaar te sit oor hoe Helpende Hand en kerke saam die kwessie van armoede gaan aanpak binne netwerke en strukture wat reeds gevestig is.

“Dan gaan ons verder die kerke bemagtig om praktiese aksies in hul gemeentes van stapel te stuur en ter selfde tyd by te dra tot Helpende Hand se verskeidenheid armoedeverligtingsprojekte,” sê Noëth.

“Die bedoeling van hierdie kongres is netwerkvorming, die begronding van die bevegting van armoede in die lig van die Skrif, uitdagings van armoede en die uitruil van planne wat in die praktyk werk. Ons moet saam vra en saam antwoord – hoe ontwikkel ons ons gemeenskap? Daarom is ons hooftema van die dag “Armoede: Die kerk en samelewing”.

Die sprekers by die beraad sluit in:

  • Dr. Stephan Joubert, hoof van e-Kerk;
  • Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Helpende Hand;
  • Ds. Cassie Aucamp, leraar van die Gereformeerde Kerke se Andeon-gemeente;
  • Dr. Wikus Buys, leraar van die Gereformeerde Kerk Innesdal;
  • Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging;
  • Dr. Rina Venter, oudminister van gesondheid en welsynsdienste;
  • Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Van die temas waaroor gepraat gaan word sluit in:

  • Die kerk mag nie afwesig wees nie;
  • Armoede is almal se probleem;
  • Kerk en roeping;
  • Kerk en Afrikanerfokus;
  • Belang van ’n goeie struktuur.

Slegs 300 plekke is beskikbaar vir die #HelpendeKerke-kongres. Die kongres is ideaal geskik vir kerke se voorsitters, kerkraadslede, leraars, pastore, diakonieë, welsynsgroepe of enige ander belanghebbendes.

“Armoede is ons almal se probleem. Om armoede deur netwerke en strukture te beveg is baie kragtiger as die poging om dit alleen te doen. Gemeenskapsontwikkeling is uitdagend, maar noodsaaklik,” voeg Noëth by.

Die kongres vind op 6 November 2019 van 09:00 tot 13:00 in die Atterbury-teater in Lynnwoodweg in Pretoria plaas. Registrasie begin om 08:00. Die kongres kos R300 per persoon en sluit ’n ligte ontbyt en middagete in.

“Kom deel in ons dag oor roeping, fokus, strukture, rooi ligte en vreugdes in die bevegting van armoede en die bou van ʼn gemeenskap,” sluit Noëth af.

Vir meer inligting stuur ʼn e-pos na [email protected], of registreer aanlyn by www.helpendekerke.co.za.

Kyk hier na die sanger Monique Steyn se boodskap vir kerke oor die #HelpendeKerke-beraad:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nie almal ·

Solank “almal” gehelp gaan word stel ek en my gesin nie belang nie. Dankie maar needankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.