Beste hondefoto’s van die jaar aangewys

The Kennel Club, die wêreld se oudste hondeklub, het die wenners van sy jaarlikse Dog Photographer of the Year-kompetisie bekend gemaak.

Die Evening Standard berig daar was meer as 10 000 inskrywings vanuit meer as 70 lande. Die wenners is in verskillende kategorieë aangewys.

Bejaarde honde:

(foto’s van honde ouer as agt jaar)
Die foto deur Monica van Maden van Nederland is as die kategoriewenner, asook die algehele wenfoto, aangewys.

Babahondjies:

(foto’s van hondjies jonger as ses maande)
Die wenfoto is deur Klaus Dyba van Duitsland geneem.

Ondersteuningshonde:

(foto’s van honde wat opgelei is om individue met ʼn gestremdheid by te staan)
Die wenfoto is deur Dean Mortimer van Brittanje geneem.

Honde wat speel:

(die foto’s moet gelukkige en gesonde honde wys wat die lewe geniet)
Die wenfoto is deur Elinor Roizman van Israel geneem.

Honde wat werk:

(foto’s van honde wat take verrig)
Die wenfoto is deur Tracy Kidd van Brittanje geneem.

Mens se beste vriend:

(foto’s moet die spesiale band tussen honde en mense uitbeeld)
Die wenfoto is deur Joana Matos van Portugal geneem.

Portret:

(die hond moet die hoofonderwerp in die foto wees)
Die wenfoto is deur Carol Durrant van Brittanje geneem.

Honde wat aangeneem is:

(foto’s van honde wat in ʼn hondeskuiling woon of aangeneem is deur ʼn gesin)
Die wenfoto is deur Sonya Kolb van Amerika geneem.

Foto deur ʼn kind geneem:

(slegs kinders jonger as 11 jaar mag in dié kategorie deelneem)
Die wenfoto is deur Mariah Mobley van die VSA geneem.

Ek is lief vir honde, want…

(dié kategorie is vir fotograwe tussen 12 en 17 jaar oud en moet deur hul fotografievaardigheid wys hoekom hulle lief is vir honde)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Traan ·

Pragtige fotos, van hulle gee my nogal in knop in die keel.

Dellie ·

Soos die waar woorde sê: Until one has loved an animal a part of a man’s soul stays untouched……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.