Beurswenner se studies gaan voor die wind

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Kinders van die Wind-beurs wat in 2013 op die been gebring is, is besig om in sy doel te slaag om ʼn kind die geleentheid te bied om ligte musiek te gaan studeer. Die eerste ontvanger van dié beurs is Timon Oosthuizen (20), wat tans besig is met sy tweede jaar in BMus-studies aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth. Klik hier om meer te lees.

Timon is vurig oor sy studies. “My gunsteling deel is om my instrument te kan speel.” Timon speel tromme, kitaar en ʼn bietjie baskitaar. Hy kan ook nie genoeg praat van sy dosente nie “My dosent, Lloyd Martin, is wêreldklas. Ek het 90% vir tromme gekry en in musiektegnologie het ek  ʼn vreeslike goeie dosent, hy het my geleer om oopkop te dink oor musiek.”

Dié student sê hy het A-simbole vir vier van sy sewe vakke ontvang. “Die moeilikste deel van my studies is klassiekemusiek-teorie. Musieklees is anders op tromme, maar ek het aangepas en dit doen my baie goed.” Sy gunsteling genre is jazz en hy het ook Jazz-teorie as vak, waaroor hy amper liries raak. “Met my jazzteorie het ek ook ʼn baie hoë punt gekry.”

Timon is deeltyds ook ʼn platejoggie en werk nou ook in die veld waarin hy studeer. “Volgende jaar wil ek die besigheid saam met ʼn vriend oorneem. Ons doen klankverskaffing en werk met klank en klanktoerusting.”

Dié seun klink of hy  ʼn kop vir besigheid het, want hy droom van groot dinge. ”Ek gaan kyk of ek dit kan maak met ʼn band, maar enige iets met musiek, klank en tegnologie is waarin ek werk.”

Timon meen hy is ʼn ander mens vandat hy begin studeer het. “Ek het soveel dinge oor die lewe geleer. Sonder hierdie beurs sou ek nie kon studeer het nie, dit het my lewe verander, definitief. Hoe meer ek studeer, hoe meer besef ek hoe dol ek is oor wat ek studeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaycee ·

Dis n voorreg om Timon al sy hele lewe te ken. Mens sal dink hy is met trom stokkies in die hande gebore as jy hom hoor speel, die beurs maak paaie oop wat vir hom andersins nie toeganklik sou wees. Baie dankie vur die beurs.

Fanie ·

Is hierdie Maroelamedia se beurs nav die ‘grootste Afrikaanse liedjie’?

Sune van Heerden ·

Dagsê Fanie

Dankie vir jou navraag! Dit is inderdaad Maroela Media se beurs wat op die been gebring is na afloop van ons veldtog, die Grootste Afrikaanse Liedjie, waartydens Koos du Plessis se liedjie, “Kinders van die wind”, aangewys is as die uiteindelike wenner.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.