Bid saam met Moreletapark vir reën en beëindiging van kampusgeweld

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Di. Willem Badenhorst en Bennie Mostert van die Moreletapark-gemeente in Pretoria het Donderdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om dié kerk se massa-bidbyeenkoms op 13 Oktober by te woon om te bid vir die onrussituasie op SA-kampusse, asook die nasionale droogtetoestand.

Badenhorst en Mostert het in ʼn verklaring gesê die Moreletapark-gemeente ervaar ʼn groot onrus en dringende besorgheid oor die onrus op kampusse asook die voortslepende droogte waaronder Suid-Afrika al geruime tyd gebuk gaan.

“Ons beroep ons op alle mede-Suid-Afrikaners, kerke, gemeentes en gemeenskappe om saam met ons hande te vat by wyse van ʼn dag van vas en gebede vir bogenoemde onrusbarende situasies. Ons vertrou God ook vir herlewing in mense se harte,” het hulle in die verklaring gesê.

Dié kerkleiers vra dat almal op 13 Oktober, waar ook hulle al is, bid vir Suid-Afrika se kampusse en die droogtetoestand.

Dié gemeente het ook om 18:30, vir die wye publiek, ʼn saamtrek en massa-bidbyeenkoms in die kerk se Geelsaal (administrasiegebou) gereël.

“Ons wil bid vir die beëindiging van kampusgeweld, vir vrede in mense se harte, positiewe gesindhede en permanente oplossings. Ons wil verder ook bid vir landwye mildelike reën vir die landbou-gemeenskappe,” het hulle bygevoeg.

“Ons glo daar gaan ʼn geestelike en persoonlike herlewing landwyd posvat omdat God die God van oplossings en vrede is. Iets besonders gebeur altyd wanneer gelowiges saamkom om ʼn saak voor die Here te bepleit.”

Vir meer inligting oor die byeenkoms kontak Felicia Lategan by 012 997 8021 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

Besoek ook die gemeente se webwerf of Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Reet

Elke kerk in hierdie land moet hande vat in hierdie leiding wat geneem word en almal moet op 13/10/2016 @ 18:30 bymekaarkom en saam bid.

Delani

EK IS SOOOO BLY ONS MENSE GAAN HANDE VAT EN DIE PROBLEME VOOR DIE HERE SE VOETE NEERSIT!!! ONS AANBID ‘N GROOOOT EN ALMAGRIGE GOD. MAG DIE HERE ONS LAND SEEN EN REEN STUUR EN VREDE IN ALMAL SE HARTE ASB HERE!!!! AMEN

Nickey

ONS BID SAAM!!!!!!

grotman77

mmmm gaan les 2 kron 7:13-14. Dink eerder ons moet bid oor ons wegkeer van ons Vader se gebooie. Die aanbidding van mense regte en Mamon wat in ons samelewing , ons kerke en gesin kom plek maak het. Geen wonder ons land gaan ten gronde. Dit wat reg was is nou verkeerd en wat verkeerd en agterlik in die oe van die Here is en was het die samelewing, kerke en gesin besluit dis goed en aanneemlik vir die mens. Geen reen, onluste ,armoede en en is maar simptome ons moet na die hart van die probleem gaan die… Lees meer »

peter

God het ook die swaard gebring. Dalk moet ons ons voorberei op daardie gedeelte wat beslis oppad is. Die liggaam en die gees moet beskerm word.