Bid saam met Moreletapark vir reën en beëindiging van kampusgeweld

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Di. Willem Badenhorst en Bennie Mostert van die Moreletapark-gemeente in Pretoria het Donderdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om dié kerk se massa-bidbyeenkoms op 13 Oktober by te woon om te bid vir die onrussituasie op SA-kampusse, asook die nasionale droogtetoestand.

Badenhorst en Mostert het in ʼn verklaring gesê die Moreletapark-gemeente ervaar ʼn groot onrus en dringende besorgheid oor die onrus op kampusse asook die voortslepende droogte waaronder Suid-Afrika al geruime tyd gebuk gaan.

“Ons beroep ons op alle mede-Suid-Afrikaners, kerke, gemeentes en gemeenskappe om saam met ons hande te vat by wyse van ʼn dag van vas en gebede vir bogenoemde onrusbarende situasies. Ons vertrou God ook vir herlewing in mense se harte,” het hulle in die verklaring gesê.

Dié kerkleiers vra dat almal op 13 Oktober, waar ook hulle al is, bid vir Suid-Afrika se kampusse en die droogtetoestand.

Dié gemeente het ook om 18:30, vir die wye publiek, ʼn saamtrek en massa-bidbyeenkoms in die kerk se Geelsaal (administrasiegebou) gereël.

“Ons wil bid vir die beëindiging van kampusgeweld, vir vrede in mense se harte, positiewe gesindhede en permanente oplossings. Ons wil verder ook bid vir landwye mildelike reën vir die landbou-gemeenskappe,” het hulle bygevoeg.

“Ons glo daar gaan ʼn geestelike en persoonlike herlewing landwyd posvat omdat God die God van oplossings en vrede is. Iets besonders gebeur altyd wanneer gelowiges saamkom om ʼn saak voor die Here te bepleit.”

Vir meer inligting oor die byeenkoms kontak Felicia Lategan by 012 997 8021 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

Besoek ook die gemeente se webwerf of Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Reet ·

Elke kerk in hierdie land moet hande vat in hierdie leiding wat geneem word en almal moet op 13/10/2016 @ 18:30 bymekaarkom en saam bid.

Joh. 3:16 ·

Dis tragies hoe ons die afgelope 30 jaar ons slim gehou het met fabels en eiesinnigheid. Ons het nie ons verantwoordelikheid in die verhouding met eerste en ons naaste as belangrik beskou nie en net gejaag na eie voordeel. Intussen het ons onverantwoordelike optrede gevolge opgelewer. Nou wil ons in massas met God Drie-enig se gawe van Gebed, Hom manipuleer! My Here is nie ‘n instrument in mense hande nie. As julle ernstig is oor hierdie sake, gaan nou in julle binnekamers en bid. Bid omdat jy deur die Heilige Gees gedring word nie massas nie. Gebed werk met ware verhouding tot God nie massa byeenkomste nie.

Delani ·

EK IS SOOOO BLY ONS MENSE GAAN HANDE VAT EN DIE PROBLEME VOOR DIE HERE SE VOETE NEERSIT!!! ONS AANBID ‘N GROOOOT EN ALMAGRIGE GOD. MAG DIE HERE ONS LAND SEEN EN REEN STUUR EN VREDE IN ALMAL SE HARTE ASB HERE!!!! AMEN

grotman77 ·

mmmm gaan les 2 kron 7:13-14. Dink eerder ons moet bid oor ons wegkeer van ons Vader se gebooie. Die aanbidding van mense regte en Mamon wat in ons samelewing , ons kerke en gesin kom plek maak het. Geen wonder ons land gaan ten gronde. Dit wat reg was is nou verkeerd en wat verkeerd en agterlik in die oe van die Here is en was het die samelewing, kerke en gesin besluit dis goed en aanneemlik vir die mens. Geen reen, onluste ,armoede en en is maar simptome ons moet na die hart van die probleem gaan die mens in RSA het “die groot Eie ek ” as god verklaar en ek kan doen en maak soos ek wil.

vermeende ·

Kom ons gaan bid eers vir ons kerke se terugkeer sodat hulle ons kan ly in gebed vir reen.
Die Hervormde kerk se senode het besluit dat gay predekante nie meer hoef selibaat te lewe nie, die meeste kerke se gay wees is reg en nie een van hulle spreuk hulle uit teen aborsie nie.

Wat doen ons om reen te verdien????

peter ·

God het ook die swaard gebring. Dalk moet ons ons voorberei op daardie gedeelte wat beslis oppad is. Die liggaam en die gees moet beskerm word.

Dean Gilbert ·

Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.
Deu 28:25 Die HERE sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug—en jy sal ‘n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word.
Deu 28:26 En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak.
Deu 28:27 Die HERE sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.
Deu 28:28 Die HERE sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring,
Deu 28:29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ‘n helper is.
Deu 28:44 Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.
Deu 28:45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;

neelsie ·

n Saal vol biddende Christene.
Word stil voor ons Here, bely julle sonde en erken die Drie-Enige God as die Voorsiener.
Maak die afgode in jou lewe tot niet en draai terug na God.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.