Bobby en Karlien ‘engele’ ná geld vir weggooibabas

Bobby en Karlien van Jaarsveld (Foto: VIA)

Bobby en Karlien van Jaarsveld (Foto: VIA)

“Julle is engele – twee mense wat deur God gestuur is en ʼn platform gegee is om duisende ander se lewens te verander.”

Dít was Woensdagoggend ʼn luisteraar se woorde aan Bobby en Karlien van Jaarsveld nadat hulle genoeg fondse ingesamel het vir ʼn egpaar van Gauteng om na 18 ‘weggooikinders’ om te sien.

Die gewilde Van Jaarsvelds het vroeër vanjaar, as deel van hul VIA-werklikheidsreeks, Bobby en Karlien: In jou skoene, die El-Shammah Home for Abandoned Babies aan die Oos-Rand in Gauteng besoek, waar Alistair and Merencia Scholtz na 18 kinders omsien wat deur hul ouers weggegooi is.

Dié egpaar het ʼn mandjie en ʼn klokkie by die voordeur, waar ouers liewer hul babatjies kan los en die klokkie lui, as om hulle êrens langs die pad te los.

Die Scholtz-gesin het tot verlede maand die huis in Primrose gehuur, maar omdat die eienaar dit vanjaar wou verkoop, sou hulle ʼn bedrag van minstens R850 000 benodig om dié huis by die eienaar te koop.

Bobby en Karlien kon deur middel van die aanlyn geldinsamelingsplatform Candystick en twee verskynings op JacarandaFM se Good Morning Angels-program dié geld insamel.

“Dit was ongelooflik – die telefoonlyne het nie vir ʼn oomblik ophou lui nie,” het Bobby Woensdagoggend op die program gesê. “Die helfte van die mense wat hul besonderhede vir ʼn skenking gegee het, het gehuil. Selfs kinders het hul sakgeld gegee sodat ons hierdie droom van julle kon bewaarheid. Julle verander lewens – baie dankie.”

Merencia het ook gesê sy is verstom oor mense se goedheid. “Wow! Dankie julle, ek weet nie eintlik wat om te sê nie… Dankie aan al die luisteraars en dankie dat julle jul harte oopmaak.”

Bron: JacarandaFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ella ·

Nou maar hoeveel geld is op die einde al te saam ingesamel??

Linda ·

Ons geniet jul orogram en ek moet se baie van ons leer saam en voel saam julle. Dankie vir dit wat jul doen dis n pragtige gebaar

Linda ·

Ons geniet jul program en ek moet se baie van ons leer saam en voel saam julle. Dankie vir dit wat jul doen dis n pragtige gebaar

JJ ·

wow dit is fantasties – Kaleideo soek ook na ‘n huis in Kempton vir kinders dalk kan ons hulle kry om ook daarmee te help. maar dit blyk nog n wonderwerk te wees in vandag se tyd waar geld maar skaars is – dankie julle 2 vir die hulp

heksie ·

Hoop daai eienaar is nou baie gelukkig oor hy so gemeen was met hulle en hul gedruk het vir die geld…….dankie Here vir wonderlike mense in hierdie wereld wat nie “geldmal” is nie en liefde vir weggooi kinders het

Johann ·

Jip. Maar dan is sy soooo besig met haar PR program in ander se skoene. Mag ek almal daaraan herrinner dat die twee deel is van n program met akteurs en n script? Hulle doen dit beslis nie verniet of net vir “ander se.skoene” nie. Maar nou ja…slaafs hardloop ons agter die eerste die beate goeie gevoel aan.

TM ·

Hulle het R850 000 gekort om die huis te koop en kon R878 000 insamel. Goed gedoen!

thea ·

die mense wat die geld gegee het klink almal maar blank , dan word niks gese van rassiste nie
en die meerderheid babas is van kleur. baie snaaks ne

Johann ·

Hi.Denise en Ralie? Dit gaan tog mos oor die “kinders”? Ek bedoel…kyk na die foto van…oooops? Bobby en Karlien! Gaan oor die twee se sosiale status terwyl hulle kan kollig steel waar hulle duur skoene loop.

Lia Vermeulen ·

Bobbie en Karlien kan van die geld wat hul verdien met die program maar n skenking doen?

Adéle Marais ·

Rerig mense dink julle nou vir een oomblik Bobby en Karlien doen dit slegs om in die kollig te kan wees? En as hul ‘n salaris verdien uit die reeks, hoekom nie hulle offer hul tyd op waar hul dalk ‘n opvoering of twee moes kanselleer om die program op te neem.
Hulle altwee is mense met klein hartjies hulle het simpatie met die mense en hulle altwee het al baie emosioneel geraak en gehuil op sommige van die programme. Hulle gaan defnitief nie huil as die “script” so sê nie, die van julle wat nou niks goed te sê het oor die twee mense nie, wat het julle al ooit gedoen vir liefdadigheid?
Ten minste probeer hulle om ‘n verskil te maak in ander mense se lewens.
Hulle is altwee alreeds beroemd so hulle het nie nodig om so iets aan te pak om “famous” te raak nie. Seker as van julle aan die ontvang kant was dan sou julle nie sulke goed kwyt geraak het nie. Dankie Bobby en Karlien vir wat jul vir elke baba, kinders in kinderhuise en oumense doen en beteken. God seën julle!!! Hou aan met die wonderlike werk waarmee jul besig is, Karlien jou program van gisteraand oor die flamingo projek sterkte daarmee hoop jul kan genoeg skenkings kry vir ‘n sonarmasjien.

Mooo ·

Persoonlik dink ek dis n puik program. Was in die begin maar skepties, maar dink dis goed om insig in ander se werk en lewens te kry. Doen so voort julle 2! Wens net ons wil die son oor ander mense ook sien skyn en nie altyd fout soek nie.

Beryl ·

Mense doen julle self n guns en gaan kyk wat Merencia en Allister vir hierdie babatjies doen .Dit is beter vir die babatjies om by hulle te wees as om op n ashoop we gegooi word. Hierdie twee mense is twee engele wat hulle ontferm oor hierdie weg gooi babas. Hou op om negatief te wees en gaan maak n draai daar en raak betrokke . Bobby en Karlien baie dankie vir wat julle gedoen het hierdie twee mensies is uit hulle vel uit van dankbaarheid. JULLE ROCK

Johan ·

Doen so voort Bobby en Karlien die kritiek kom van mense wat niks doen vir die gemeenskap nie.

Sean ·

Wonderlike gebaar maar gaan dit oor kleurgrense heen of net weer vir anderskleuriges sodat almal kan simpatie en aansien kry? Wanneer laas het julle geld ingesamel vir die blankes wat langs die dam soos diere leef en kinders ingeprop saam met volwassenes op ‘n bed moet slaap? O nee, dit gaan nie aandag trek nie, kry eerder ‘n mikrofoon en Jacaranda om julle blootstelling te gee. Dis so belaglik, jy voed vandag die hand wat jou more byt, maar mense wil nie luister nie, hulle seil nog op die reenbogie waarvan daar nog net een kleur oor is … julle sal ook ontnugter word soos Suzman en Zille wat hulle lewe lank vir ander se regte geveg het. Kry vir julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.